Len Muller
Quick Facts
Biography
Len Muller is 'n Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Hy het al saamgewerk met Stef Bos, Joshua na die Reën, Retief Burger, Bouwer Bosch en Faraway George en deel gereeld verhoë reg oor die land saam met onder andere Joshua na die Reën, Kaleidoskoop, Leon Gropp, Lizandra Winter, Liani Reynolds, Francois van Coke, Straatligkinders, Jan Blohm, Bok van Blerk, Chris Chameleon, Jak de Priester, en Andriëtte Norman.
Doodgewone avontuur (2015)
Muller se debuutalbum Doodgewone avontuur word in 2015 vrygestel en word vir Ghoema- en Tempo-toekennings vir Manlike Kunstenaar van die Jaar en Nuweling van die Jaar benoem. "Sarie Marais", 'n samewerking met Stef Bos, bereik nommer-1 op die trefferlyste van Groot FM en Maroela Media. Die eerste snit op die album, "Smag na jou", word op die klankbaan van die romantiese komedie Strikdas gebruik. "Vir die een wat geval het" is Len Muller se grootste treffer tot op datum geskryf saam met Jattie de Beer en opgeneem saam met Joshua na die Reën.
Oog van die storm (2017)
Oog van die storm is Muller se tweede vollengte-ateljeealbum. Die eerste snit op die album, "Ek glo", was in 2017 vir drie weke in die eerste posisie op Maroela Media se Top-20. Die derde snit, "Sing vir sente", is in samewerking met Faraway George geskryf.Die lied 'Vrede' geskryf in samewerking met Roan van As op die album is ook gebruik vir die bekende kykNET sepie 'MENSE MENSE' met bekende akteurs soos Bobby van Jaarsveld, Sandra Prinsloo, Reynard Slabbert, Lea Vivier, Crystal-Donna Roberts en Solomon Cupido in die hoof rolle.
'Akoesties' EP (2019)
Muller se tweede kortspeelateljeealbum (EP) is in 2019 by Bellville Studios met vervaardiger Theo Crous en saam Gideon Botes in Little Big Studios opgeneem. "Oorgenoeg", die eerste enkelsnit vanaf hierdie album tref Suid-Afrikaanse radiostasies op 24 Mei 2019.
Diskografie
Vollengte ateljeealbums
- 2015: Doodgewone avontuur
- 2017: Oog van die storm
Kortspeelateljeealbums (EP's)
- 2012: Len Muller EP
- 2019: Akoesties EP
Filmografie
Televisiereekse
- 2016: Hotel
Verwysings
- ↑ "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Januarie 2019. Besoek op 22 Januarie 2019.
- ↑ https://web.archive.org/web/20190521194845/https://www.facebook.com/lenmuller1/photos/a.844111975605589/2738549426161825
- ↑ "Video: Len Muller spreek maatskaplike kwessie aan met jongste snit". Maroela Media. 24 Mei 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 September 2019. Besoek op 24 Mei 2019.
Bronne
- Blackburn, Cyril (28 September 2017). Luister: Len Muller: Onwrikbaar in die ‘oog van die storm’. Maroela Media. URL besoek op 16 November 2018.
- Meyer, Burger (1 Julie 2015). Luister: Len Muller gesels oor sy ‘Doodgewone Avontuur’. Maroela Media. URL besoek op 16 November 2018.
- ‘Vir die een wat geval het’ – Len Muller. Maroela Media (10 Maart 2016). URL besoek op 16 November 2018.
- Daantjie Dinamiet (29 Maart 2016). Maroela Media Top 20: 28 Maart 2016. Maroela Media. URL besoek op 16 November 2018.
- Cloete, Pieter (3 Januarie 2017). Maroela Media Afrikaanse Top 20: 3 Januarie 2017. Maroela Media. URL besoek op 16 November 2018.
- Video: Sanger skryf liefdesballade saam met sy vrou. Maroela Media (7 September 2018). URL besoek op 16 November 2018.
- Len Muller vertel meer oor sy enkelsnit vir Mense-Mense {KLANKtoets met Cyril}. OFM (9 Junie 2018). URL besoek op 16 November 2018.
Eksterne skakels
- Amptelike webwerf
- Len Muller in die Internet-rolprentdatabasis
- Len Muller op Facebook
- Len Muller op Twitter
- Kanaal van Len Muller op YouTube