peoplepill id: len-muller
LM
4 views today
9 views this week
The basics

Quick Facts

The details (from wikipedia)

Biography

Len Muller is 'n Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Hy het al saamgewerk met Stef Bos, Joshua na die Reën, Retief Burger, Bouwer Bosch en Faraway George en deel gereeld verhoë reg oor die land saam met onder andere Joshua na die Reën, Kaleidoskoop, Leon Gropp, Lizandra Winter, Liani Reynolds, Francois van Coke, Straatligkinders, Jan Blohm, Bok van Blerk, Chris Chameleon, Jak de Priester, en Andriëtte Norman.

Doodgewone avontuur (2015)

Muller se debuutalbum Doodgewone avontuur word in 2015 vrygestel en word vir Ghoema- en Tempo-toekennings vir Manlike Kunstenaar van die Jaar en Nuweling van die Jaar benoem. "Sarie Marais", 'n samewerking met Stef Bos, bereik nommer-1 op die trefferlyste van Groot FM en Maroela Media. Die eerste snit op die album, "Smag na jou", word op die klankbaan van die romantiese komedie Strikdas gebruik. "Vir die een wat geval het" is Len Muller se grootste treffer tot op datum geskryf saam met Jattie de Beer en opgeneem saam met Joshua na die Reën.

Oog van die storm (2017)

Oog van die storm is Muller se tweede vollengte-ateljeealbum. Die eerste snit op die album, "Ek glo", was in 2017 vir drie weke in die eerste posisie op Maroela Media se Top-20. Die derde snit, "Sing vir sente", is in samewerking met Faraway George geskryf.Die lied 'Vrede' geskryf in samewerking met Roan van As op die album is ook gebruik vir die bekende kykNET sepie 'MENSE MENSE' met bekende akteurs soos Bobby van Jaarsveld, Sandra Prinsloo, Reynard Slabbert, Lea Vivier, Crystal-Donna Roberts en Solomon Cupido in die hoof rolle.

'Akoesties' EP (2019)

Muller se tweede kortspeelateljeealbum (EP) is in 2019 by Bellville Studios met vervaardiger Theo Crous en saam Gideon Botes in Little Big Studios opgeneem. "Oorgenoeg", die eerste enkelsnit vanaf hierdie album tref Suid-Afrikaanse radiostasies op 24 Mei 2019.

Diskografie

Vollengte ateljeealbums

  • 2015: Doodgewone avontuur
  • 2017: Oog van die storm

Kortspeelateljeealbums (EP's)

  • 2012: Len Muller EP
  • 2019: Akoesties EP

Filmografie

Televisiereekse

  • 2016: Hotel

Verwysings

  1. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Januarie 2019. Besoek op 22 Januarie 2019.
  2. https://web.archive.org/web/20190521194845/https://www.facebook.com/lenmuller1/photos/a.844111975605589/2738549426161825
  3. "Video: Len Muller spreek maatskaplike kwessie aan met jongste snit". Maroela Media. 24 Mei 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 September 2019. Besoek op 24 Mei 2019.

Bronne

Eksterne skakels

The contents of this page are sourced from Wikipedia article. The contents are available under the CC BY-SA 4.0 license.
Lists
Len Muller is in following lists
comments so far.
Comments
From our partners
Sponsored
Credits
References and sources
Len Muller
arrow-left arrow-right instagram whatsapp myspace quora soundcloud spotify tumblr vk website youtube pandora tunein iheart itunes