Chris Schoeman
Quick Facts
Biography
Chris Schoeman (gebore op 12 Desember 1948 in Somerset-Oos) is 'n Suid-Afrikaanse en Afrikaanse skrywer.
Schoeman het meestersgrade behaal in geskiedenis aan die Universiteit van Port Elizabeth en die Colorado-staatsuniversiteit, Fort Collins, Verenigde State
Hy is 'n geskiedkundige en joernalis, en is die skrywer en mede-skrywer van verskeie boeke, soos onder meer Boerseun, Broers in die stryd, Engele in die Vreemde, "Churchill's South Africa", "The Historical Karoo" en "The Somme Chronicles".
Sy boek oor die lewe van die broer van Vincent van Gogh, Cornelis van Gogh getitel Die onbekende Van Gogh – die lewe van Cornelis van Gogh, van Nederland tot Suid-Afrika is deur Naòmi Morgan (Doctorat ès lettres, Université de Genève), hoof van die Afdeling Frans aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), op Litnet geresenseer.
Chris Schoeman is ook die skrywer van Vegter en Balling - Boereoorlog-ervarings van veldkornet Charles von Maltitz - (2013) wat uitgegee word deur Tafelberg.
Sy nuutste titel is Rebel: die lewe van kommandant Hans Lötter, 1873-1901, wat deur Protea Boekhuis uitgegee word.
Verwysings
- ↑ Wat uitgegee is deur die literêre uitgewersmaatskappy Zebra Press ISBN:9781770227941
- ↑ https://www.litnet.co.za/boekresensie-die-onbekende-van-gogh-deur-chris-schoeman/
- ↑ https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boek-rebel-die-lewe-van-kommandant-hans-lotter-1873-1901/ URL opgespoor en besoek op 3 Desember 2020