peoplepill id: philippus-jacobus-olivier
PJO
South Africa
6 views today
6 views this week
Philippus Jacobus Olivier
South African politician

Philippus Jacobus Olivier

The basics

Quick Facts

The details (from wikipedia)

Biography

Philippus Jacobus (P.J.) Olivier (distrik Fauresmith, 11 Januarie 1911 - Kaapstad, 27 Maart 1958) was goewerneur van Kaapland.

Hy gaan boer op 23-jarige ouderdom op die plaas Sendelingsfontein in die distrik Fauresmith. Tydens die tussenverkiesing in Kuruman op 7 Februarie 1940 verslaan hy as kandidaat van die Nasionale Party vir T.J.B. Melville van die Verenigde Party met 3 255 teenoor 2 452 stemme en word Volksraadslid. In die verkiesing van 1943 vergroot hy sy meerderheid in Kuruman tot 1 078 teen C.H. Badenhorst van die V.P. en J.J. Moorcroft van die Afrikanerparty. In 1948 vaar hy selfs beter teen die V.P. se L.H. Fick en wen met 1 678 stemme om die derde keer agtereenvolgens Volksraadslid vir Kuruman te word. In 1951 word hy egter as administrateur van Kaapland aangestel, waarna H.R.H. du Plessis onbestrede vir die N.P. in Kuruman verkies word in die tussenverkiesing op 10 September 1951.

Die enigste Afrikaanse hoërskool, wat ook uit 'n laerskoolafdeling bestaan, in Grahamstad is na hom genoem asook die Kunssentrum P.J. Olivier op Stellenbosch.

Bronne

  • Albertyn, dr. C.F. (red.) 1962. Die Afrikaanse Kinderensiklopedie. Kaapstad, Bloemfontein, Johannesburg: Nasionale Boekhandel Bpk.
  • Schoeman, B.M. 1977. Parlementêre verkiesings in Suid-Afrika 1910-1976. Pretoria: Aktuele Publikasies.

Eksterne skakels

The contents of this page are sourced from Wikipedia article. The contents are available under the CC BY-SA 4.0 license.
Lists
Philippus Jacobus Olivier is in following lists
comments so far.
Comments
From our partners
Sponsored
Credits
References and sources
Philippus Jacobus Olivier
arrow-left arrow-right instagram whatsapp myspace quora soundcloud spotify tumblr vk website youtube pandora tunein iheart itunes