peoplepill id: niu-niu-1
NN
China
6 views today
6 views this week
Niu Niu
Chinese pianist

Niu Niu

The basics

Quick Facts

Intro
Chinese pianist
A.K.A.
Zhang Shengliang
Places
Work field
Gender
Male
Age
27 years
Instruments:
The details (from wikipedia)

Biography

Niu Niu (die pseudoniem of professionele identiteit van Shengliang Zhang; Oosterse naamvolgorde: Zhang Shengliang) (gebore in 1997) is 'n Chinese pianis.

Niu Niu is gebore in 'n musikale familie in Xiamen in die Fujian-provinsie in China. Nadat hy op 3-jarige ouderdom talent getoon het, het Niu Niu sy eerste klavierlesse by sy pa ontvang. Hy het later sy buiging enkele weke na sy sesde verjaardag gemaak met 'n program wat onder andere 'n Mozart-klaviersonate en Chopin étude ingesluit het. Hy het op 8-jarige ouderdom die jongste ingeskrewe student in die Shanghai konservatoria se 85-jarige geskiedenis geword.

Hy het sedert sy tiende lewensjaar onder professor Hung-Kuan Chen studeer, aanvanklik aan die Shanghai konservatoria, en later aan die New England Konservatoria in Boston, waarheen Niu Niu en sy gesin verhuis het. In 2014 is Niu Niu, steeds onder leiding van prof. Chen, tot die Juilliard-skool in New York op 'n volle beurs aanvaar. In 2018 het hy gegradueer met 'n honneursgraad.

In 2007 het Niu Niu 'n kontrak met EMI Classics (nou Warner Classics) onderteken, en sodoende die jongste pianis geword wat 'n eksklusiewe kontrak met 'n groot internasionale plate-etiket onderteken het. Sy debuutalbum, Niu Niu Plays Mozart (2008), is gevolg deur Niu Niu plays Chopin — The Complete Études (2010) en Niu Niu Liszt Transcriptions (2012). 'n Opname van Rachmaninoff se Tweede Klavierconcerto en Rapsodie op 'n Tema deur Paganini saam met die Warskou Filharmoniese Orkes onder leiding van die musiekdirekteur Jacek Kaspszyk in 2014 het onmiddellik gelei tot 'n uitnodiging om saam met die Warskou Filharmoniese Orkes op te tree. Hy het sy sesde album, Niu Niu Portrait in 2016 vrygestel. Nadat hy in Desember 2017 'n kontrak aangegaan het met Universal Music Hong Kong is sy eerste album vir Decca Classics (opgeneem in Berlyn) in Junie 2018 vrygestel.

Niu Niu het die 2014/15 seisoen geopen met die uitvoering van die Dvořák-klavierconcerto saam met Jiří Bělohlávek en die Tsjeggiese Filharmoniese Orkes tydens die Dvořák Praagfees. In Maart 2014 het Niu Niu saam met Yutaka Sado en sy Super Kids Orchestra deur die grootste konsertsale in Japan getoer. Hy het later tydens die somer teruggekeer met 'n bekroonde toer, en by die mees luisterryke liggings soos onder andere Tokio se Suntory-saal en Die Simfoniesaal, Osaka, gespeel. Tydens Augustus 2016 het Niu Niu 'n toer van 16 stede in Sjina voltooi.

Ander loopbaanhoogtepunte sluit in 'n uitnodiging na die 2007 Pearl Awards in die Royal Festival Hall in Londen, met 'n uitvoering van Sjostakowitsj se Klavierconcerto No.1, gelei deur sy mentor Leslie Howard in die teenwoordigheid van die Prins van Wallis. In 2007 is sy uitvoering tydens die CCTV Ministerie van Kultuur Lentefees-gala landswyd uitgesaai.

In Oktober 2010 was Niu Niu in Berlyn aangewys as die wenner van die PRIX Montblanc, welke jaarliks aan opkomende klassieke instrumentaliste toegeken word. Sedertdien het Niu Niu in baie van die wêreld se mees luisterryke konsertsale verskyn, waaronder Londen se Wigmore Hall, die Sjanghai Oriental Arts Centre, en Beijing se nasionale sentrum vir uitvoerende kunste (NCPA) (die jongste pianis om by dieNCPA op te tree). Bykomend tot sy uitvoerige optredes in Japan en China, het hy ook saam met die Zürich Kamerorkes in Switserland en Frankryk getoer en konserte in Berlyn, Hamburg, Dortmund en Essen gelewer.

In 2011 het hy Rachmaninoff se Rapsodie op 'n Tema deur Paganini en Sjostakowitsj se Klavierconcerto No.1 by die Hyogo Uitvoerende Kunstesentrum saam met Yutaka Sado opgevoer. Die daaropvolgende jaar, as die eerste wenner van die Artemisia-stigting, het hy sy buiging by Boston se Jordan-saal en Yale-universiteit se Sprague-saal gemaak.

In 2017 het Niu Niu by vier somermusiekfeeste in Duitsland en Frankryk opgetree.

Verwysings

  1. https://www.niuniumusic.com/biography URL besoek op 3 Februarie 2020

Eksterne skakels

The contents of this page are sourced from Wikipedia article. The contents are available under the CC BY-SA 4.0 license.
Lists
Niu Niu is in following lists
comments so far.
Comments
From our partners
Sponsored
Credits
References and sources
Niu Niu
arrow-left arrow-right instagram whatsapp myspace quora soundcloud spotify tumblr vk website youtube pandora tunein iheart itunes