peoplepill id: nadia-beukes
NB
South Africa
7 views today
7 views this week
Nadia Beukes
South African actress

Nadia Beukes

The basics

Quick Facts

Intro
South African actress
Gender
Female
Age
42 years
The details (from wikipedia)

Biography

Nadia Beukes, gebore 19 Augustus 1982, is 'n Suid-Afrikaanse aktrise, sangeres en rolverdelingregisseur. Sy maak haar TV-debuut in 2016 as Iva in Getroud met rugby en is bekend vir haar rolle in rolprente soos Sterlopers (2014), Mooirivier (Marcelle, 2015) en Stroomop (Judy, 2018). Nadat sy matrikuleer het aan Hoërskool Uitsig het Beukes het ʼn honneursgraad in Kommunikasie en Bemarking behaal.

Beukes het veral bekendheid verwerf toe sy as kontinuïteitsaanbieder vir die kykNET-kanaal gewerk het.

Sy het ook veldaanbieder vir verskeie ander produksies gedoen, soos EkoNET, Dekor, Tjirp en Tuine en Tossels.

Beukes was ook in die kykNET-sepie, Villa Rosa, waar sy die rol van die prokureur Erica Brink vertolk het. Beukes het ook in die kinderprogram, Bundu Buddies, op die Koowee-kinderkanaal, die rol van Kallie vertolk.

As sangeres was Beukes vir vier jaar deel van die a capella groep, Cutt Glas, asook ʼn rol in die musiekblyspele: The Rocky Horror Show, Ons vir jou en Janice Honeyman se produksie, Snow White.

Saam met haar voormalige man, Xander Steyn, het Beukes help skryf aan en die vervaardiging behartig van die album van die groep, Brieweboks.

In 2003 was Beukes een van die 6 top-finaliste vir die Zing kompetisie en in 2005 het sy dit tot in die Top 70 deurgedring van die Idols sangkompetisie.

In 2010 was sy deel van die ATKV-musiekblyspel, Agent Snoet, wat landswyd getoer het. Die daaropvolgende jaar het sy die rol van Esmé Naudé vertolk in die Deon Opperman se televisiedrama, Hartland, asook ʼn rol in die verhoogproduksie Tree Aan.

Televisie

  • 7de Laan; Seisoen 1; gasrol
  • Boer Soek ʼn Vrou; Seisoen 7; aanbieder
  • Boer Soek ʼn Vrou; Seisoen 8; aanbieder
  • Getroud Met Rugby: Die Sepie; Seisoen 1, 2 en 3; vertolk die rol van Iva Muller (2012)
  • Hartland; Seisoen 1; vertolk die rol van Esmé Naudé (2011)
  • Idols; seisoen 3; neem deel as haarself
  • Rhythm City; seisoen 1; vertolk die rol van die terapeut
  • Sterlopers; seisoen 1 en 2; vertolk die rol van Ingrid Cilliers (2014)
  • Magic to the Max (speletjiesprogram op M-Net) (2010)

Skryf

In 2017 is Beukes se eerste boek, Paaie van Hoop, deur NB-uitgewers gepubliseer. Die boek is gebaseer op haar lewensverhaal en is geskryf deur die skrywer Jana van der Merwe.

Persoonlik

Op 10 September 2016, is Beukes met Dawid de Villiers getroud. Die egpaar se seun, Davey, is in Augustus 2018 gebore.

Film

  • Mooiriver; vertolk die rol van Marcelle (2015)
  • Stroomop; vertolk die rol van Judy (2018)
  • Die Spook van Uniondale; vertolk die rol van die verpleegster (2014)
  • Born to Win; vertolk die rol van Esther (2014)
  • Pretville; vertolk die rol van Minnie (2012)

Bronnelys

The contents of this page are sourced from Wikipedia article. The contents are available under the CC BY-SA 4.0 license.
Lists
Nadia Beukes is in following lists
comments so far.
Comments
From our partners
Sponsored
Credits
References and sources
Nadia Beukes
arrow-left arrow-right instagram whatsapp myspace quora soundcloud spotify tumblr vk website youtube pandora tunein iheart itunes