peoplepill id: koos-human
KH
South Africa
12 views today
15 views this week
Koos Human
South african publisher

Koos Human

The basics

Quick Facts

The details (from wikipedia)

Biography

Koos Human (29 November 1931 -) is 'n Afrikaanse uitgewer, rubriekskrywer en musiekkenner. Hy het in 1959 die uitgewersmaatskappy Human & Rousseau saam met Leon Rousseau gestig. Die maatskappy het vinnig gegroei en 'n beduidende bydrae tot die bevordering van die boekebedryf in Suid-Afrika gelewer. Human & Rousseau is in 1977 aan Nasionale Pers verkoop.

Lewe en werk

Jacobus Johannes (Koos) Human is op 29 November 1931 op Witfield naby Boksburg aan die Oos-Rand gebore, waar hy ook groot word. Sy pa is ’n mynamptenaar. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Voortrekker op Boksburg. Na sy skoolopleiding gaan hy na die Universiteit van die Witwatersrand waar hy aanvanklik inskryf vir ’n B.Mus.-graad, maar baie gou daarna van plan verander en eerder tale bestudeer. In 1953 voltooi hy hier onder leiding van C.M. van den Heever ’n verhandeling vir ’n M.A.-graad oor die ontwikkelingsgeskiedenis van die Afrikaanse populêre leesstof onder die titel “Die gewilde literêre werk: ’n ondersoek na die rol van leesstof in die hedendaagse samelewing”. Hy is vanaf 1 Desember 1950 vir net meer as ’n jaar joernalis by Die Vaderland en daarna onderwyser vir drie kwartale voordat hy hom vir twee jaar as vertaler by die Vleisraad aansluit. Hierna begewe hy hom in die uitgewerswese. Van April 1954 is hy verbonde aan die Nasionale Boekhandel in Kaapstad, eers vir twee jaar as assistent in die afdeling skoolpublikasies en vanaf die begin van 1956 as hoof van algemene publikasies. Begin April 1958 sluit hy hom as bestuurder aan by Afrikaanse Pers-Boekhandel, ’n posisie wat beide die uitgewery en die boekwinkels behels het. Hoewel dit op die oog af ’n aantreklike en uitdagende posisie was, besef hy gou dat daar ontsaglike probleme verbonde is aan hierdie maatskappy en werk en in sy eie belang besluit hy om eerder te bedank.

Hy keer in Februarie 1959 terug na Kaapstad waar hy saam met Leon Rousseau die uitgewery Human & Rousseau begin. Hierdie uitgewery word verantwoordelik vir die uitgee van baie van die belangrikste letterkundige werke in Afrikaans, insluitende werke van D.J. Opperman, Elisabeth Eybers, Etienne Leroux, André P. Brink en Breyten Breytenbach. Hierdie uitgewer word in 1977 deur Nasionale Pers oorgeneem, maar hy bly aan as besturende direkteur tot met sy uittrede. Op 3 Januarie 1959 trou hy met Nakkie, dogter van N.P. van Wyk Louw, en hulle het twee dogters, Joan Isabeau en Louisa Maria, en ’n seun Jacobus Johannes. Na sy vrou se dood op 14 Julie 1984 aan ’n hartaanval trou hy in 1986 met die Geskiedenis-onderwyser Trewhella Cameron.

Na sy uittrede in Desember 1994 by Human & Rousseau is hy van Januarie 1995 geruime tyd redakteur van die meningsblad Insig, terwyl hy in hierdie tyd op deeltydse basis ook die klein uitgewer Brommaert-pers bedryf. Vir jare is hy betrokke by die Kaapse Raad vir Uitvoerende Kunste (KRUIK) as voorsitter van die musiekkomitee, voorsitter van die balletkomitee en lid van die uitvoerende komitee. Hy skryf van Maart 1986 tot September 2008 gereeld Die Burger se hoofartikel op Saterdae. Vir hierdie koerant lewer hy ook tussen 1973 en 1980 ’n radiorubriek en vir sestien jaar ook die platerubriek onder die titel “Klassieke klanke”. In 1995 lewer hy die D.F. Malherbe-gedenklesing in Bloemfontein onder die titel “Die toekoms van die Afrikaanse boek”.

Skryfwerk

  • As samesteller is hy verantwoordelik vir die bundel “Willekeur”, waarin hy ’n aantal prosastukke (kortverhale, kort uittreksels uit langer werk, artikels, sketse en essays) van hoofsaaklik bekende skrywers opneem. “Liggaamlose taal” is ’n versamelbundel wat hy saamstel uit gedigte oor die musiek. “Die A tot Z van klassieke musiek” is ’n naslaanwerk oor musiek, wat in 1993 genomineer word vir die Rapportprys vir nie-fiksie. Interessante staaltjies oor boeke en skrywers uit sy ondervinding as uitgewer word in “’n Lewe met boeke” versamel, terwyl “Raar maar waar” ’n versameling is van bykans ongelooflike feite. “Met liefde aan moeder” (ook in Engels as “To mother with love”) is ’n versameling gesegdes waarin die moeder se rol gehuldig word.

    Publikasies

    JaarPublikasies
    1992Die A tot Z van klassieke musiek
    2000Raar maar waar
    2006’n Lewe met boeke
    Samesteller
    1994Willekeur
    1996Liggaamlose taal
    1997Met liefde aan moeder (saam met Trewhella Cameron)
    To mother, with love (saam met Trewhella Cameron)

    Bronnelys

    Boeke

    • Beukes, W.D. (red.) “Boekewêreld: Die Nasionale Pers in die uitgewersbedryf tot 1990” Nasionale  Boekhandel Bpk. Kaapstad Eerste uitgawe eerste druk 1992
    • Kannemeyer, J.C. “Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 2” Academica, Pretoria, Kaapstad en Johannesburg Eerste uitgawe Eerste druk 1983
    • Kannemeyer, J.C. “D.J. Opperman: ’n Biografie” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe  1986
    • Kannemeyer, J.C. “Die Afrikaanse literatuur 1652-2004” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria  Eerste uitgawe 2005
    • Kannemeyer, J.C. “Leroux: ’n Lewe” Protea Boekhuis Pretoria Eerste uitgawe Eerste druk 2008
    • Van Biljon, Madeleine “Geliefde leesgoed” Quellerie-Uitgewers Edms. Bpk. Kaapstad Eerste uitgawe  1996

    Tydskrifte en koerante

    • Botha, Johann “Breek ’n broodjie met Koos” “Die Burger” 10 Desember 1994
    • Human, Koos “Nuwe bries in ’n saai boekwêreld” “By” 14 Maart 2009
    • Leroux, Etienne “In gesprek met Koos Human by geleentheid van die 25e bestaansjaar van Human & Rousseau Uitgewers” “Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 22 no. 4, November 1984
    • Opperman, D.J. “’n Natsteen vir Koos Human” “Die Volksblad” 11 Desember 1981
    • Retief, Hanlie “Prins van boeke” “Rapport” 15 Oktober 2006
    • Rousseau, Leon “Van broekskeur tot heerlike tye” “By” 14 Maart 2009
    • Truter, Suzette “Pa en dogter woel met woorde” “Sarie” 19 Junie 1996
    • Wyngaard, Heindrich “Human pen sy laaste hoofartikel hier neer” “Die Burger” 6 September 2008
    • Die Burger. 2001. Uitgewersprins van toeka nou `President', 29 November 2014

    Internet

    Verwysings

    The contents of this page are sourced from Wikipedia article. The contents are available under the CC BY-SA 4.0 license.
    Menu Koos Human

    Basics

    Introduction

    Lewe en werk

    Skryfwerk

    Publikasies

    Bronnelys

    Lists

    Also Viewed

    Lists
    Koos Human is in following lists
    comments so far.
    Comments
    From our partners
    Sponsored
    Koos Human
    arrow-left arrow-right instagram whatsapp myspace quora soundcloud spotify tumblr vk website youtube pandora tunein iheart itunes