peoplepill id: japie-van-zyl
JVZ
2 views today
2 views this week
Japie van Zyl
Director for Solar System Exploration at NASA's Jet Propulsion Laboratory

Japie van Zyl

The basics

Quick Facts

Intro
Director for Solar System Exploration at NASA's Jet Propulsion Laboratory
A.K.A.
Jakob van Zyl
Work field
The details (from wikipedia)

Biography

Dr. Japie (Jakob) van Zyl is in Outjo, Suidwes-Afrika gebore. Ná matriek is hy Stellenbosch toe waar hy in 1979 'n honneursgraad in elektroniese ingenieurswese cum laude behaal. Ná 'n verdere twee jaar in die Suid-Afrikaanse Vloot is hy in 1982 na Kalifornië waar hy in 1983 sy MSc-graad in elektriese ingenieurswese by die California Institute of Technology (Caltech) behaal. In 1986 voltooi hy sy PhD in elektriese ingenieurswese by Caltech en sluit daarna by die Jet Propulsion Laboratory ("JPL") as navorser aan.

In 1990 word hy aangestel as die leier van 'n groep wat gevorderde radarnavorsing met vliegtuie doen. Hulle ontwikkel verskeie nuwe tegnieke om met behulp van spesiale radars fotos van die Aarde (en ander planete) te neem. In 1995 word Mnr. van Zyl tot hoof van alle radarnavorsing by die JPL bevorder. In 2000 word hy adjunkhoof van die organisasie wat al JPL se sendings om die Aarde implementeer en lanseer. Een van die belangrikste sendings is die Shuttle Radar Topography Mission wat in Januarie 2000 op die pendeltuig Endeavour gelanseer word.

In 2003 word Mnr. van Zyl die adjunkdirekteur en in 2006 die direkteur van astrofisika by die JPL. Onder sy leierskap word verskeie sendings gelanseer soos onder andere die Spitzer- en Kepler teleskope. In 2011 word hy die mededirekteur van die JPL met die verantwoordelikheid om die JPL se strategie te ontwikkel. Die resultaat, bekend as JPL2025 is 'n reusesukses en lei tot ongekende voorspoed vir die JPL in terme van die aantal sendings wat deur NASA aan hulle befonds word. In 2016 word hy die direkteur van die sonnestelselverkenning by die JPL, waar hy tans vir al die sendings na planete in die buitenste deel van die sonnestelsel verantwoordelik is.

Mnr. van Zyl was in 1997 deur die Internasionale Instituut vir Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese verkies as die wêreldwye Jong Ingenieur van die Jaar, en in 1998 word hy erken as 'n Gennoot 'n eer wat aan minder as 1% van die lede van die organisasie toegeken word. In 2010 ontvang hy die Onderskeidende Prestasie-toekenning van dieselfde organisasie vir sy bydraes in die veld van radarnavorsing. Hy word in 2015 vereer met 'n eredoktorsgraad in Ingenieurswese deur die Universiteit van Stellenbosch vir sy werk. Hy is sedert 1979 met sy vrou, Kalfie, getroud en woon tans in Altadena in Kalifornië.

Verwysings

  1. https://www.jpl.nasa.gov/about/bio_zyl.php. Opgespoor en besoek op 21/05/2019
  2. Inligting verkry van Naledi Uitgewers se boek Sterre en Planete
The contents of this page are sourced from Wikipedia article. The contents are available under the CC BY-SA 4.0 license.
Lists
Japie van Zyl is in following lists

By work and/or country

comments so far.
Comments
From our partners
Sponsored
Credits
References and sources
Japie van Zyl
arrow-left arrow-right instagram whatsapp myspace quora soundcloud spotify tumblr vk website youtube pandora tunein iheart itunes