peoplepill id: deon-groot
DG
South Africa
6 views today
6 views this week
Deon Groot
South African musician

Deon Groot

The basics

Quick Facts

Intro
South African musician
A.K.A.
Deon Laubscher
Work field
Gender
Male
Place of birth
Omaruru, Erongo Region, Namibia
The details (from wikipedia)

Biography

Deon Groot, alias Deon Laubscher, gebore in Omaruru, Namibië, is 'n Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Hy is veral bekend vir sy Afrikaanse liedjies wat in 2016 deur die platemaatskappy Sony Musiek uitgereik is. Gee my oor, Bietjie, Lepellê, As ek net jou man kon wees en Is die koeël deur die kerk was onder andere landswye treffers. Verdere treffers met die Universal Musiekgroep in 2019 was met liedjies soos “Wyn", "Hemelpoorte", "toonstoot", "Los", "Ek Sweer” en “Prikkel”. In 2023 sluit Deon aan by die Vonk Musiek Groep en bring uit die die treffers "die Een" en "o'lyfie".

Biografie

In 1994 het sy ouers na Alexanderbaai, Noord-Kaap, verhuis waar Deon ook gematrikuleer het. Na sy studies in Kaapstad by die Kaapse Technikon, het Deon as 'n diamanthanteerder gewerk op die Alexkor Diamantmyn en later na Pretoria verhuis vir 'n beter werksgeleentheid waar hy onder meer vir die Protea Coin Sekerheidsgroep, Denel Land Systems, DHL en Imperial Logistics as risikobestuurder gewerk het.  

Loopbaan

In 2007 het Deon se musiekloopbaan begin toe hy 'n karaokekompetisie gewen het in Centurion, Gauteng, waar hy steeds tot hede woon. Sedertdien het hy aan talle geleenthede deelgeneem om homself as kunstenaar te vestig in die musiekbedryf. In 2014 het Deon sy eerste twee opnames gedoen, Muskeljaatkat en Rooikappie. Met 'n terugslag in 'n persoonlike verhouding gebruik Deon sy musiek om 'n boodskap van hoop oor te bring na sy gehore en wil die boodskap tuisbring dat mens altyd weer moet opstaan en weer 'n uitdaging moet aanpak. Die lied, 400 voet van oor begin, is geskryf om boere in droogte hoop te gee, in samewerking met Adam Tas en is vrygestel op die album: Manna vir die Boere.

In 2017 stel Deon 'n album vry in samewerking met Sony Musiek Suid-Afrika en die daaropvolgende jaar het hy aan sy eerste groot optrede, Krone 4, deelgeneem asook ander nasionale kunstefeeste onder andere: Klein Karoo Nasionale Kunstefees, Innibos fees en die Luister fm fees.

In 2019 het hy in samewerking met Universal Musiek die album, Deon Groot, vrygestel wat meer aan sy identiteit en missie gekoppel is om luisteraars te inspireer. Die album was vir 'n Bokkie-toekenning benoem en Deon het ook tydens hierdie geleentheid opgetree.

Groot se lirieke is geskoei op moderne country met 'n Namakwalandse ondertoon wat hy met 'n popmusiek klank kombineer. Groot het al verskeie televisie optredes onderneem, onder andere: Emo Adams se televisieprogram, Jou Show, kykNET se musiekprogram, Juke Box, die ontbytprogram op SABC, Exspresso, die geselsprogram op SABC 2, Pasella, die geselsprogram op kykNET, Toks en Tjops, SABC se program, Kliphard en Klink soos Naweek op die Via-kanaal. In 2018 het Deon 'n kontrak geteken om saam met Universal Musiek Suid-Afrika te werk en het ook die treffer, Wyn, onder hierdie platemaatskappy in 2019 vrygestel.  

Bronnelys

The contents of this page are sourced from Wikipedia article. The contents are available under the CC BY-SA 4.0 license.
Lists
Deon Groot is in following lists
comments so far.
Comments
From our partners
Sponsored
Credits
References and sources
Deon Groot
arrow-left arrow-right instagram whatsapp myspace quora soundcloud spotify tumblr vk website youtube pandora tunein iheart itunes