peoplepill id: cor-delfos
CD
South Africa
6 views today
7 views this week
Cor Delfos
South African businessman

Cor Delfos

The basics

Quick Facts

Intro
South African businessman
Work field
Gender
Male
Place of birth
Rotterdam, Netherlands
Place of death
Pretoria, South Africa
Age
65 years
The details (from wikipedia)

Biography

Cornelius Frederik (Cor) Delfos (Rotterdam, 21 Junie 1868- Pretoria, 23 Oktober 1933) was ‘n baanbrerker in die Suid-Afrikaanse yster- en staalbedryf.

Delfos is in Nederland en Duitsland as passer en draaier en elektriese ingenieur opgelei. Hy en sy broer Johan besluit tydens ‘n besoek aan Pretoria om daar ‘n ingenieursbedryf te begin. Hulle werf vakmanne in Nederland en begin in 1892 die firma Gebroeders Delfos. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog vervaardig en herstel die firma wapentuig en produseer ammunisie. Gevolglik word Delfos na Nederland gedeporteer, maar keer na die oorlog na Pretoria terug.

Op hierdie stadium begin die firma kooks vervaardig en kry in 1916 vergunning van die stadsraadom ystererts by Waterval naby die stad te delf. Hulle stig hierop die maatskappy Pretoria Ystermyne Bpk. Steenkool is verkry van die Rogerstonmyn noord van die stad. Aanvanklik sukkel die bedryf weens die lae graad van beide die ystererts en die steenkool. In 1918 is die eerste hoogoond in bedryf en in 1921 lewer dit reeds 4000 ton yster.

Daarna stig hy in 1920 die Suid-Afrikaanse Yster- en Staalkorporasie Bpk. in Pretoria-Wes. Die nuwe firma het ook die Pretoria Ystermyne Bpk. oorgeneem. Pogings om die nodige kapitaal in die buiteland te verkry om op ekonomiese skaal yster en staal in die land te produseer, was vrugteloos. Ook die Suid-Afrikaanse regering was nie bereid om die nodige kapitaal te verskaf nie. In 1924 kom daar egter ‘n nuwe regering onder genl. J.B.M. Hertzog aan die bewind. Die nuwe regeerders is die ontluikende staalbedryf goedgesind en met Wet 11 van 28 Maart 1928 word Yskor gestig.

Die voorsitterskap van die nuwe Yskor wordDelfos aangebied, maar sy onselfsugtige aard laathom terugstaan ten gunste van dr. H.J. van der Bijl. Delfos sterf enkele maande voordat Yskor die eerste staal lewer. Sy rol as Suid-Afrikaanse nywerheidspionier word erken met die naam van die Cor Delfos-stasie en die borsbeedl van hom deur Anton van Wouw in die munisipale gebou Munitoria in Pretoria. Hy was jarelank lid van die skoolraad vandie stad.

Lees ook

  • Kruger se Hollanders

Bibliografie

  • Ploeger, Jan: Nederlanders in Transvaal 1850-1950. Pretoria: J.L. van Schaik, 1994. ISBN 0-627-02446-7
The contents of this page are sourced from Wikipedia article. The contents are available under the CC BY-SA 4.0 license.
Lists
Cor Delfos is in following lists
comments so far.
Comments
From our partners
Sponsored
Cor Delfos
arrow-left arrow-right instagram whatsapp myspace quora soundcloud spotify tumblr vk website youtube pandora tunein iheart itunes