peoplepill id: andrew-murray-mcgregor
AMM
South Africa
9 views today
9 views this week
Andrew Murray McGregor
South African minister

Andrew Murray McGregor

The basics

Quick Facts

Intro
South African minister
Work field
Gender
Male
Birth
Age
70 years
The details (from wikipedia)

Biography

Andrew Murray McGregor (1873 - 20 September 1943) was predikant van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, waarvan 'n kwarteeu in Drieankerbaai, Kaapstad.

Andrew Murray McGregor was die tweede seun van Andrew McGregor (1829 - 1918), wat in 1860 deur dr. William Robertson in Skotland gewerf is om as predikant in Suid-Afrika te kom arbei en in 1862 as stamvader van die McGregors na die land toe kom. Sy eerste en enigste gemeente was Robertson, waarvan die standplaas eers Hoopsrivier genoem is tot dit in 1853 ter ere van dr. Robertson hernoem is.

Herkoms

Drie maande ná sy aankoms in die Kaapkolonie trou Andrew McGregor met Elizabeth Augusta, die oudste dogter van dr. Robertson, wie se vriende en familie haar "Lily" genoem het. Hulle het op Robertson gewoon tot ds. McGregor in 1902 afgetree en die egpaar hulle in Kaapstad gaan vestig het. Omdat hy so aktief op die dorpie Lady Grey, naby Robertson, gewerk het, is dit in die jaar van sy aftrede herdoop tot McGregor.

Andrew en Lily het tien kinders gehad, waarvan vier jonk dood is. Andrew Murray was hulle vierde kind wat volwassenheid bereik het. Hy is genoem na die beroemde ds. Andrew Murray, destyds van die NG gemeente Wellington, wat ook sy peetpa was.

Opleding en bediening

Andrew Murray McGregor behaal sy B.A. aan die South African College en studeer daarna aan die Teologiese Seminarium op Stellenbosch. Nadat hy in Kaapstad in die bediening gestaan het in die Nieuwe Kerk, word hy predikant vir die konsentrasiekamp in Oos-Londen tydens die Tweede Vryheidsoorlog, waar hy ook as eerste leraar van die NG gemeente Oos-Londen op 9 September 1905 bevestig is. Van daar vertrek hy in 1909 na Oudtshoorn en op 14 Januarie 1914 word hy in die NG gemeente Drieankerbaai bevestig.

Die regering vra ds. Murray in 1915 om vir drie maande as kapelaan van die Unie-troepe in Duitswes-Afrika (Namibië) op te tree. Die kerkraad verleen verlof daartoe en verleng dit later vir 'n verdere drie maande.

Sy gesondheid was die laaste jare van sy bediening nie na wense nie en in 1934 moes hy ses maande lank siekteverlof neem. Hy ontvang sy demissie op 28 Julie 1939 en tree terselfdertyd af, maar dien daarna as leraar van die Presbiteriaanse gemeente op Oudtshoorn tot sy dood in September 1943. Jare vantevore, op 16 Mei 1910, het hy daar naby op Volmoed saam met ds. George Murray die hoeksteen gelê van die NG kerkgebou wat later die middelpunt sou word van die NG gemeente Volmoed, eers Armoed genoem.

Waardering

Na sy dood skryf die Kerkbode oor hom: "Hy was manlik en beslis in sy optrede, maar daarby minsaam en hartlik van aard. In sy oortuigings het hy 'n broederlike gees gehandhaaf, dat dit geen bitterheid veroorsaak het nie."

Bronne

  • The McGregors in South Africa
  • Dreyer, eerw. A. 1932., Jaarboek van die Nederduits-Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1933, Kaapstad: Jaarboek-Kommissie van die Raad van die Kerke.
  • Malan, Etienne G., Die kerk teen Seinheuwel: Drieankerbaai 1880 - 1980, Kaapstad: NG gemeente Drieankerbaai, Maart 1980.
  • Olivier, ds. P.L. (samesteller), Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952.
The contents of this page are sourced from Wikipedia article. The contents are available under the CC BY-SA 4.0 license.
Lists
Andrew Murray McGregor is in following lists
comments so far.
Comments
From our partners
Sponsored
Credits
References and sources
Andrew Murray McGregor
arrow-left arrow-right instagram whatsapp myspace quora soundcloud spotify tumblr vk website youtube pandora tunein iheart itunes