peoplepill id: waldimar-pelser
WP
South Africa
1 views today
4 views this week
Waldimar Pelser
South African journalist

Waldimar Pelser

The basics

Quick Facts

Intro
South African journalist
Work field
Birth
Age
46 years
The details (from wikipedia)

Biography

Waldimar Pelser (gebore in Kaapstad, 1978) is sedert 1 Junie 2013 redakteur van die Afrikaanse Sondagkoerant Rapport.

Pelser het in 1996 aan die Paul Roos Gimnasium op Stellenbosch gematrikuleer. In 1999 behaal hy die graad B.A. Regte aan die Universiteit Stellenbosch met regte, filosofie en politieke wetenskap as hoofvakke, en in 2001 B.Phil. Joernalistiek aan dieselfde instelling. Daarna behaal hy in 2002 die graad M.Phil in Joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch en in 2004 'n M.Phil. in ontwikkelingstudies aan die Universiteit van Oxford, waar hy met ’n Rhodes-beurs studeer het.

Sy eerste aanstelling was as verslaggewer by Die Burger in Kaapstad (Januarie 2001 tot Junie 2002), waartydens hy onder meer Suid-Kaapse korrespondent was in George. Van 2004 tot 2007 was hy ’n senior verslaggewer by die Johannesburgse dagblad Beeld. In 2007 gaan werk hy in Media24 se kantoor in Lagos, Nigerië, as Wes-Afrika-korrespondent en bly daar tot in 2008. Sy volgende aanstelling was as nuusredakteur by Beeld in Johannesburg, waar hy vertoef van 2009 tot 2011. In die loop van 2011 word hy redakteur van die kortstondige nuustydskrif NuusNow/NewsNow. Kort voor dié tydskrif se sluiting word hy by Rapport aangestel as senior adjunkredakteur. Hy het Bokkie Gerber in 2013 as redakteur opgevolg. Hy is die aanbieder van die politieke program KN Verslag In Gesprek op kykNET.

Verwysings

  1. Waldimar Pelser (Outeurprofiel). LitNet. URL besoek op 2017-06-13.

Bronne

Eksterne skakels

The contents of this page are sourced from Wikipedia article on 01 Mar 2020. The contents are available under the CC BY-SA 4.0 license.
Lists
Waldimar Pelser is in following lists
comments so far.
Comments
From our partners
Sponsored
Reference sources
References
Waldimar Pelser
arrow-left arrow-right instagram whatsapp myspace quora soundcloud spotify tumblr vk website youtube pandora tunein iheart itunes