peoplepill id: vernon-koekemoer
VK
1 views today
1 views this week
Vernon Koekemoer

Vernon Koekemoer

The basics

Quick Facts

Gender
Male
The details (from wikipedia)

Biography

Vernon Koekemoer oftewel Cassie Booyse is 'n 51-jarige tegniese skrywer wat vir die Suid-Afrikaanse Weermag werk. Sy bekendheid is 'n tekenendevoorbeeld van virale bemarking en die impak van die internet op die moderne kultuur. Volgens Booyse het dit alles begin toe hy by 'n bemarkingspartytjie vir 'n produk opgedaag het en 'n vrou hom genader het en 'n foto geneem het van hom met sy nou bekende vreemde drag en haarstyl.

Bryan Theunissen en Damian Armstrong beweer hulle is verantwoordelik vir die Vernon Koekemoer verskynsel.Koerante uit die Independent groep het blykbaar berigdat Theunissen, wat in die advertensie en bemarkingswese werksaam is, Booyse herdoop het en sy foto as 'n eksperiment op die internet geplaas word. Armstrong is na berig word die persoon verantwoordelik vir die Facebook groep Make Vernon Koekemoer famous.Presies hoe die menere met die dame wat deur Booyse genoem word verbind word is onduidelik.Van die maatskappye wat Booyse in hul bemarking gebruik ontken hul betrokkenheid by sy skielike bekendheid maar daar bestaan vermoedens dat daar dalk wel 'n advertensie-agentskap agter die verskynsel skuil.Ander beweer egter dat na die omstrede virale bemarkingstruuk vir die vierde idols seisoen dat groot maatskappye waarskynlik nie weer by so iets sal betrokke raak nie.

Verwysings

Voetnotas

  1. http://www.zoopy.com/video/detail/id/8858/ Onderhoud met Vernon Koekemoer (oftewel Cassie Booyse.) op Kwêla program no 405[1] van 16 April 2008
  2. Nie onomwonde bevestig nie
  3. http://www.marketingweb.co.za/marketingweb/view/marketingweb/en/page71621?oid=103110&sn=Marketingweb%20detail
  4. http://marketing.bizcommunity.com/Article/196/12/17749.html
The contents of this page are sourced from Wikipedia article on 09 Aug 2019. The contents are available under the CC BY-SA 4.0 license.
Lists
Vernon Koekemoer is in following lists
comments so far.
Comments
From our partners
Sponsored
Reference sources
References
Vernon Koekemoer
arrow-left arrow-right instagram whatsapp myspace quora soundcloud spotify tumblr vk website youtube pandora tunein iheart itunes