peoplepill id: mila-guy
MG
South Africa
7 views today
9 views this week
Mila Guy
South Africa actress

Mila Guy

The basics

Quick Facts

Intro
South Africa actress
Gender
Female
The details (from wikipedia)

Biography

Mila Guy, is ʼn Suid-Afrikaanse aktrise en opgeleide kostuumontwerper van Nelspruit en woon tans in Linden, Johannesburg. Sy is bekend vir haar rolle in films soos Liewe Kersfeesvader (2017), Wonderlus (2017) en die kykNET-komediereeks, Hotel (2016).

In haar Graad 8-jaar, het sy en haar gesin na Nieu-Seeland gemigreer en het sy Hoërskool Nelspruit verruil vir ʼn hoërskool in Rotorua, in die dorp waar hulle gewoon het. Haar eerste jaar van universiteit het Guy by die Universiteit van Auckland voltooi. In 2014 haar BA Drama-graad aan die Universiteit van Pretoria behaal. Aanvanklik was haar plan om slegs haar tweede jaar van haar Drama-graad in Suid-Afrika te voltooi, maar omdat die toneelbedryf meer bedrywig in Suid-Afrika was, het dit meer belowend gelyk om aan te bly in haar tuisland. Haar ouers woon steeds in Palmerston North.

Haar eerste rol in ʼn vollengte film was vlugtig in Ballade vir ʼn Enkeling en daarna het sy die rol van ʼn kinderoppasser in die televisiereeks van kykNET, Binnelanders, gekry. Na Binnelanders, het sy in die komedie-reeks, Hotel, ʼn rol gekry, waarvan die regie deur Bennie Fourie behartig word. In die televisiereeks, Keeping Score, op SABC-kanaal, het sy die rol van ʼn bokser vertolk en het ook ʼn rol in die reeks Bedford Wives gehad. Guy se eerste hoofrol was as Nonnie in die film, Liewe Kersfeesvader en die volgende hoofrol as die bruid in die film, Wonderlus. Wonderlus is tot op hede een van haar mees uitdagendste rolle, wat ʼn teenstrydige emosionele situasie uitbeeld.

“Ek wou van kleins af nét dit doen. Daar gebeur net iets wanneer jy in die oomblik is en amper vergeet van die regte wêreld.” – Mila Guy

Film

  • Mr. Johnson, vertolk die rol van Helina (2020)
  • Miemie (en die meteoriet wat haar definitief gaan tref), kort film, vertolk die rol van Miemie
  • Stille Nag, vertolk die rol van Antoinette
  • Soek jy ʼn lift, vertolk die rol van Karmen
  • Desember, vertolk die rol van Estelle
  • Axis Muni, kort film, vertolk die rol van Christine (2018)
  • (S)he, vertolk die rol van Ashley
  • Lunch with Hitler, kort film, vertolk die rol van Hanna
  • Wonderlus, vertolk die rol van die bruid (2017)
  • Liewe Kersfeesvader, vertolk die rol van Nonnie (2017)
  • Vuil Wasgoed, vertolk die rol van die verpleegster (2017)
  • Vlugtig, kort film, vertolk die rol van Chantel (2017)
  • Vir Die Voëls, vertol die rol van ʼn vrou (2016)
  • Sans Masker, dokumentêre video (2019)
  • Heidi, deel van die groep kinderstemme
  • Ballade vir ’n enkeling, vertolk die rol van Karlientjie Koekemoer
  • Lagmense, vertolk die rol van Kleinsus
  • Yogi Bear, vertolk die rol van ʼn ekstra

Televisie

  • Hotel, vertolk die rol van Melanie Schmidt (2020)
  • Alles Malan, vertolk die rol van Vicky
  • Hotel, Seisoen 3, vertolk die rol van Melanie Schmidt (2019)
  • Bedford Wives, vertolk die rol van Antoinette de Villiers
  • Erfsondes, vertolk die rol van Mia
  • Keeping Score, vertolk die rol van Benina
  • Phil 101, vertolk die rol van Kara (2017)
  • Chin Up!, vertolk die rol van ʼn drawwer (2019)
  • Sokhulu & Partners, Seisoen 3, vertolk die rol van Hannelien du Toit
  • Sterlopers, Seisoen 2, vertolk die rol van die meisie in die musiekvideo
  • Ek Sit Vanaand Op Herhaal, vertolk die rol van ʼn kliënt
  • Vrydag Nag Laat, gaskunstenaar
  • Binnelanders, vertolk die rol van Zanel Jordaan (2014)

Teater

  • Die Intermissie, vertolk ʼn improvisasie rol
  • Gevlek, vertolk die rol van Hester
  • Gogola, vertolk die rol van ʼn fasiliteerder
  • Bat Boy The Musical, vertolk die hoofrol
  • Blast From The Past, vertolk die hoofrol

Bronnelys

The contents of this page are sourced from Wikipedia article on 18 Apr 2020. The contents are available under the CC BY-SA 4.0 license.
Lists
Mila Guy is in following lists
comments so far.
Comments
From our partners
Sponsored
Reference sources
References
Mila Guy
arrow-left arrow-right instagram whatsapp myspace quora soundcloud spotify tumblr vk website youtube pandora tunein iheart itunes