peoplepill id: johan-de-villiers
JDV
South Africa
1 views today
1 views this week
Johan de Villiers
South African journalist

Johan de Villiers

The basics

Quick Facts

Intro
South African journalist
Work field
Birth
Age
48 years
The details (from wikipedia)

Biography

Johannes Bertus de Villiers is 'n Afrikaanse joernalis en skrywer oor die bonatuurlike.

Lewe en werk

Johannes Bertus de Villiers is op 5 Julie 1976 gebore. Sy pa Danny is 'n rekenmeester en ma Marita 'n oud-onderwyseres. Hy het 'n broer en 'n suster. Vanaf 1996 studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch, waar hy in 1998–99 B.A.- en B.A. Honneurs-grade in Joernalistiek en in 2008 'n M.A.-graad in Antieke Studies verwerf. In 2001 sluit hy by die redaksie van Die Burger aan, waar hy tot 2006 as subredakteur, hoofsubredakteur en algemene verslaggewer werksaam is. Van Julie 2009 tot Desember 2012 is hy verslaggewer by Media24, hoofsaaklik die Sondagkoerant Rapport, en bly in 'n woonstel in Roodepoort. Hierna aanvaar hy in Desember 2012 'n pos as lektor in Joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch wat hy tot Desember 2014 beklee. Vanaf Januarie 2015 is hy as joernalis werksaam by Huisgenoot. Sy belangstelling in die Ooste neem hom meermale na Indonesië en hy spandeer ook onder meer twee weke in 'n monnike-klooster in Burma in Suidoos-Asië. Hy kwalifiseer as 'n instrukteur in Vinyasa-joga en gee deeltyds klas by "The Yoga Republic" vanaf Julie tot Desember 2012 en dan vanaf September 2013 by "The Hot Yoga Studio".

Skryfwerk

Reeds op skool skryf hy stories oor ruimtewesens wat aarde toe kom en sy belangstelling in die esoteriese verdwyn nooit nie. Hy skryf in Agter die somber gordyn 'n geskiedenis oor esoteriese geestesverskynsels onder Afrikaners. Ten spyte van die konserwatiewe Calvinistiese godsbeskouing van meeste Afrikaners, is die verskynsels van spiritisme reeds in die 1870’s die mees algemene alternatiewe geestelike beweging onder Afrikaners. Daar is ook gereeld oor hierdie verskynsels in die media verslag gedoen. Die boek onthul ook dat Dirk Opperman, vader van die gelyknamige digter, een van die mees aktiewe dodebesweerders in Suid-Afrika was. Die einde van die wêreld en hoe om dit te oorleef bevat verskillende teorieë oor wat die mensdom tot sy val kan en gaan bring, van supervulkane en meteoriete tot mensvretende zombies en kernontploffings. In die proses word verskeie profesieë oor die eindtye ontleed, insluitende dié van die Majas en Nostradamus, asook wat om te doen nadat die groot ramp die aarde getref het.

Publikasies

JaarPublikasies
2010Agter die somber gordyn
2012Die einde van die wêreld en hoe om dit te oorleef

Bronnelys

Tydskrifte en koerante

  • De Villiers, Johannes Bertus: “’n Somber gordyn word gelig”. Rapport. 6 Februarie 2011
  • Fitzpatrick, Marida: “Normaal? Paranormaal…” “By”. 11 Augustus 2012

Internet

Resensies

  1. Haasbroek, P.J. Beeld. 16 Mei 2011
The contents of this page are sourced from Wikipedia article on 08 Sep 2019. The contents are available under the CC BY-SA 4.0 license.
Lists
Johan de Villiers is in following lists
comments so far.
Comments
From our partners
Sponsored
Reference sources
References
Johan de Villiers
arrow-left arrow-right instagram whatsapp myspace quora soundcloud spotify tumblr vk website youtube pandora tunein iheart itunes