peoplepill id: haas-schoeman
HS
1 views today
1 views this week
Haas Schoeman
rugby union player

Haas Schoeman

The basics

Quick Facts

Intro
rugby union player
Work field
Gender
Male
The details (from wikipedia)

Biography

Johan Schoeman, beter bekend as Haas Schoeman, was 'n flank van die Westelike Provinsie wat sewe toetse vir die Springbokke gespeel het.

Biografiese agtergrond

Haas Schoeman is op 15 Maart 1940 op Prins Albert gebore.

Na hy sy skoolopleiding voltooi het by die Hoër Jongenskool Paarl, spandeer hy twee jaar by die Grootfontein landboukollege buite Middelburg in die Karoo.

Vanaf 1959 tot 1964 studeer hy regte aan die Universiteit van Stellenbosch waar hy 'n LLB-graad verwerf. (Hy het ook later 'n MBA verwerf).

Hy is op 1 Januarie 2006 in Table View oorlede.

Rugbyloopbaan

Nadat hy aanvanklik in en uit die eerstespan van die universiteitsklub was (hy moes meeding met losvoorspelers soos Butch Lochner, Dawie Ackermann, James Starke and Ronnie Melck), word hy later 'n gereelde lid van die eerstespan en speel ook vanaf 1962 tot 1965 vir die Westelike Provinsie. Hy het 'n Springbok geword in 1963 toe hy vir die derde toets teen die Wallabies gekies is. In 1965 was hy 'n lid van die Springbokspan onder kapteinskap van Avril Malan wat deur Ierland en Skotland getoer het en daarna 'n lid van die Springboktoerspan na Australië en Nieu-Seeland onder kapteinskap van Dawie de Villiers.

Na sy internasionale loopbaan het hy steeds klubrugby gespeel vir Bellville rugbyklub, asook later vir Wanderers en Diggers in Johannesburg.

Opsomming van toetse

DatumPosisieTeenstanderUitslagStadionPlek
24 Augustus 1963FlankAustraliëVerloor 9-11EllisparkJohannesburg
7 September 1963FlankAustraliëWen 22-6Boet ErasmusPort Elizabeth
10 April 1965FlankIerlandVerloor 6-9Lansdowne RoadDublin
17 April 1965FlankSkotlandVerloor 5-8MurrayfieldEdinburgh
19 Junie 1965FlankAustraliëVerloor 11-18Sydney Cricket GroundSydney
31 Julie 1965FlankNieu-SeelandVerloor 3-6Athletic ParkWellington
21 Augustus 1965FlankNieu-SeelandVerloor 0-13CarisbrookDunedin

Eksterne skakels

The contents of this page are sourced from Wikipedia article on 09 Aug 2019. The contents are available under the CC BY-SA 4.0 license.
Lists
Haas Schoeman is in following lists
comments so far.
Comments
From our partners
Sponsored
Reference sources
References
Haas Schoeman
arrow-left arrow-right instagram whatsapp myspace quora soundcloud spotify tumblr vk website youtube pandora tunein iheart itunes