peoplepill id: cintaine-schutte
CS
South Africa
1 views today
3 views this week
Cintaine Schutte
South African actress

Cintaine Schutte

The basics

Quick Facts

Intro
South African actress
Gender
Female
Place of birth
Pretoria, South Africa
Age
36 years
Family
Spouse:
The details (from wikipedia)

Biography

Cintaine Schutte, gebore 8 Julie 1987, in Pretoria is ʼn Suid-Afrikaanse aktrise en vervaardiger wat veral bekend is vir haar rol in die kykNET-reeks, Fynskrif (2018), die komediereeks Phil 101, die rolprente Hum (2016) en Knysna (2014). Aanvanklik wou Cintaine ʼn oorbruggingsjaar na haar skoolloopbaan doen, danksy haar drama onderwyser wat met haar ouers gaan gesels het om haar potensiaal met hulle te bespreek, het sy daarteen besluit en ingeskryf vir BA Drama vir die volgende jaar. Cintaine se ma het haar van kleins af geleer om dinge in haar omgewing te observeer, iets waarvoor sy vandag dankbaar is vir haar beroep as aktrise.

Sy het haar BA honneursgraad in Drama verwerf aan die Universiteit van Stellenbosch. Haar honneursgraad het sy in toneelspel gedoen en dit het behels dat sy saam met die vierdejaar studente kon speel op die verhoog as deel van haar studies se praktiese module. Na haar studies het sy haar eerste professionele teaterproduksie gekry deur ʼn kennis, Tara Notcutt, wie sy by die Universiteit van Kaapstad ontmoet het.

Saam met ander vriende het sy en Notcutt het daadwerklik ʼn poging aangewend om jong mense weer by die teater te kry, deur meer relevante en tydsgebonde verhoogproduksies op die planke te bring.

Christiaan Olwagen en Saartjie Botha het Schutte genader om te speel in die toneelstuk, Die Seeumeeu, oorspronklik geskryf deur Anton Chekov. Nadat die verhoogproduksie gedoen is, is die rolprent Die Seeumeeu daarop gebaseer en uitgebrei tot ʼn vollengte film, waarin sy ook die geleentheid gehad het om in te speel.

Schutte is ʼn gebalanseerde aktrise wat haar kuns uitleef op film en die verhoog, maar nadat sy besef het sy nog net Seeumeeu en Half Leeg gehad het agter haar naam as professionele produksies, het sy besluit om haar eie werk te begin vervaardig. Die eerste toneelstuk, Huishou, het op die planke gekom as gevolg hiervan.

Schutte het ook in twee verskillende rolle vertolk in die misdaadreeks, Die Boland Moorde in 2013 en 2017. In 2018 het sy die rol van die naïewe karakter, Michelle, vertolk in die komediereeks, Die Kasteel.  

In 2015 het sy ʼn Kanna-toekenning gekry vir haar vertoning in die toneelstuk, Moeder Moed en die daaropvolgende jaar ʼn Fleur Du Cap-toekenning vir haar rol as Masha in die verhoogstuk, Die Seeumeeu. In 2017 ontvang Schutte ʼn Woordfees-trofee vir haar toneelspel in die produksie, Drif, geskryf deur Reza de Wet.

Film

  • Poppie Nongena, vertolk die rol van ʼn vrou
  • Die Seeumeeu, vertolk die rol van Masha
  • Kanarie, vertolk die rol van die klub meisie
  • Johnny is nie dood nie, vertolk die rol van die boervrou
  • Heersers, kortfilm, vertolk die rol van Liezl
  • HUM, vertolk die rol van Jana
  • Sonskyn Beperk, vertolk die rol van Jessica
  • Knysna, vertolk die rol van Bloesie
  • The Women Who Whistled, vertolk die rol van die vrou
  • Lost in a Pharmacy, vertolk die rol van Chantelle
  • Behind Closed Doors, vertolk die rol van ʼn vriendin
  • Casting Beauty, vertolk die rol van ʼn bediende
  • Failure, vertolk die rol van ʼn meisie
  • Hope Falls, vertolk die rol van Marietjie

Televisie

  • Die Byl, vertolk die rol van Deidre
  • Fynskrif (Seisoen 1, 2 & 3), vertolk die rol van Katrien
  • Die Kasteel, vertolk die rol van Micheallay
  • Soos Gister, vertolk die rol van Christelle
  • Phil 101, vertolk die rol van Jeanne
  • Ruimte tussen niks, vertolk die rol van Annabel
  • Die Boland Moorde II, vertolk die rol van Ria
  • Die Boland Moorde I, vertolk die rol van Maryke

Teater

  • Tien Duisend Ton, vertolk die rol van ʼn vrou
  • Slim se Baas, vertolk die rol van Jaqueline
  • Huishou, vertolk die rol van Hester
  • Half Leeg, vertolk die rol van Victoria
  • Winterboom, vertolk die rol van Ané Volschenk
  • Die Fliek, vertolk die rol van Rose
  • Hond se gedagte, vertolk die rol van Antoinette
  • Die Huis van Bernarda Alba, vertolk die rol van Martirio
  • Drif, vertolk die rol van Sussie
  • Robin Hood, vertolk die rol van Friar Tuck
  • Die Seeumeeu, vertolk die rol van Masha
  • Cape of Rebels, vertolk die rol van Mev. Koopmans de Wet
  • Amper Vrystaat, vertolk die rol van Annetjie
  • Meerfout, vertolk die rol van haarself
  • Moeder Moed, vertolk die rol van Katrinn
  • Wie Drink Wat?, vertolk die rol van Chardonnay
  • Tee, vertolk die rol van Eva
  • Droom, vertolk die rol van Lenie
  • Tjop en Dop, vertolk die rol van Sunette
  • Boetie dis tyd vir bid, vertolk die rol van ʼn vrou
  • Nagwond, vertolk die rol van Michelle
  • Ebenezer Pennieknyper, vertolk die rol van Linda
  • Ubu & The Secrecy Bill, vertolk die rol van verskeie karakters
  • Sister Mary Ignatius explains it all for you, vertolk die rol van Diane Symonds
  • Die Soet Trane van Petrus Pansegrouw, vertolk die rol van Karen
  • Charlie and the Chocolate Factory, vertolk die rol van die ma
  • Lament in G, vertolk die rol van Ruth
  • Agterplaas, vertolk die rol van die boervrou
  • Die Huweliksaansoek, vertolk die rol van Natalja
  • Dream Brother, vertolk die rol van May
  • Kitchen, vertolk die rol van twee vroue
  • Lenny & the Wasteland, vertolk die rol van Pandora
  • Die Naaimasjien, vertolk die rol van die dogter
  • Die Mannetjie, vertolk die rol van die weduwee
  • Die Klug, vertolk die rol van die bruid
  • Night out with Harold Pinter, vertolk die rol van die ma
  • Qaphela Ceasar, vertolk die rol van verskeie karakters
  • Skrapnel, vertolk die rol van Sussie
  • Sara, vertolk die rol van Sara
  • Huise Vol Uile, vertolk die rol van Debbie Langerhans
  • Gelukkig Elke Dag, vertolk die rol van Anette
  • Aspoestertjie, vertolk die rol van die straatveër

Persoonlike lewe

Schutte is met die akteur, Carel Nel, getroud in 2019. Die egpaar is albei lief vir die stadslewe en het die gevoel van die troue daarvolgens beplan.

Toekennings

  • Woord Trofee: Beste Aktrise in Tien Duisend Ton (2019)
  • Woord Trofee: Beste Debuut Produksie (Tien Duisend Ton) (2019)
  • Rapid Lion Film-toekenning: Beste Ondersteunende Aktrise in Die Seemeeu (Masha) (2019)
  • Genomineer vir ʼn Kyknet Fiesta-toekenning: Beste samespel in Huishou (2019)
  • Genomineer vir ʼn Kyknet Fiesta-toekenning: Beste Aktrise in Huishou (Hester) (2019)
  • Genomineer vir ʼn Aardklop-toekenning: Beste Aktrise vir Huishou (2019)
  • Silwerskerm-toekenning: Beste Ondersteunende Aktrise in Die Seeumeeu (2018)
  • Genomineer vir BroadwayWorld.com Suid-Afrika: Beste Solo Opvoering in ʼn eenvrouvertoning, Half Leeg (2017)
  • Woord Trofee-toekenning: Beste Ondersteunende Aktrise in Drif (Sussie) (2017)
  • Genomineer vir die BroadwayWorld.com Suid-Afrika: Beste Aktrise in Bernarda Alba (2017)
  • Genomineer vir die BroadwayWorld.com Suid-Afrika: Beste Aktrise in Amper Vrystaat (2017)
  • Genomineer vir ʼn Kyknet Fiesta-toekenning: Beste Ondersteunende Aktrise in Bernarda Alba (2017)
  • Genomineer vir ʼn ATKV-Woordveertjie: Beste Teaterteks (Amper Vrystaat) (2016)
  • Woord Trofee-nominasie: Beste Ondersteunende Aktrise in Moeder Moed (2016)
  • Fleur Du Cap-toekenning: Beste Ondersteunende Aktrise in Die Seemeeu (2016)
  • Aardklop-toekenning: Beste Produksie (Amper Vrystaat) (2016)
  • Genomineer vir ʼn kykNET Fiesta-toekenning: Beste Debuut Produksie (Amper Vrystaat) (2016)
  • Vrystaat Kunstefees-toekenning: Beste Debuut Produksie (Amper Vrystaat) (2016)
  • Kanna-toekenning: Beste Ondersteunende Aktrise in Moeder Moed en Die Seemeeu (2015)
  • Standard Bank Ovation-toekenning: Vir haar spel in Dream Brother (2011)
  • Nominasie deur die Universiteit van Stellenbosch: Beste Aktrise van die Jaar (2008)
  • Streekswenner en nasionale wenner van die produksie Kleinser Metanooiens, deur die Universiteit van Stellenbosch (2007)

Bronnelys

The contents of this page are sourced from Wikipedia article on 24 Apr 2020. The contents are available under the CC BY-SA 4.0 license.
Lists
Cintaine Schutte is in following lists
comments so far.
Comments
From our partners
Sponsored
Reference sources
References
Cintaine Schutte
arrow-left arrow-right instagram whatsapp myspace quora soundcloud spotify tumblr vk website youtube pandora tunein iheart itunes