peoplepill id: vivian-bethlehem
VB
1 views today
1 views this week
The basics

Quick Facts

Gender
Female
Birth
The details (from wikipedia)

Biography

Vivian Bethlehem, 1963.

Vivian Bernard Bethlehem (Humansdorp, Kaapkolonie, 14 April 1909 – onbekend) was ’n Suid-Afrikaanse sakeman.

Bethlehem was die seun van E. Bethlehem. Hy het sy skoolopleiding aan die Hoërskool Humansdorp ontvang en aan ’n skool in Berlyn, Duitsland. In die Duitse hoofstad was hy ’n vakleerling by ’n maatskappy wat papier uitgevoer het, maar in 1924 het hy aangesluit by ’n metaalfirma. In 1934, sowat ’n jaar ná die Nazi's se bewindsoorname, het hy na Suid-Afrika teruggekeer. Hy het in 1935 ’n betrekking aanvaar by ’n metaalsmeltery in Johannesburg, tot hy in 1959 aangesluit het by Regent Metals Benoni (Edms.) Bpk.

Bethlehem was lid van die Sokkerkomitee van Balfour Park en lid van die Vrouehokkiekomitee, Balfour Park. Hy was ook spankeurder van die junior spanne van SA Maccabi, ’n oorkoepelende Joodse sportliggaam.

Hy is op 20 Maart 1938 met Muriel, dogter van M. Rosenblatt, getroud. Uit hul huwelik is een dogter en twee seuns gebore. Sy stokperdjies was sokker, hokkie en swem. In die vroeë 1960's het die egpaar in Sydenham gewoon, terwyl Bethlehem in Benoni gewerk het.

Bron

  • (af) (en) Kruger, dr. D.F. 1963. Wie is wie in Suid-Afrika. Johannesburg: Vitae Uitgewers.

Verwysing

  1. (en) Die webtuiste van Maccabi South Africa. URL besoek op 19 November 2017.
The contents of this page are sourced from Wikipedia article. The contents are available under the CC BY-SA 4.0 license.
Lists
Vivian Bethlehem is in following lists
comments so far.
Comments
From our partners
Sponsored
Credits
References and sources
Vivian Bethlehem
arrow-left arrow-right instagram whatsapp myspace quora soundcloud spotify tumblr vk website youtube pandora tunein iheart itunes