peoplepill id: schalk-bezuidenhout
SB
South Africa
1 views today
1 views this week
Schalk Bezuidenhout
South African comedian

Schalk Bezuidenhout

The basics

Quick Facts

Intro
South African comedian
Gender
Male
Place of birth
Kempton Park, South Africa
Education
University of Cape Town
The details (from wikipedia)

Biography

Pieter Hendrik Schalk Bezuidenhout, gebore op 22 April 1992 in Kemptonpark, is 'n Suid-Afrikaanse komediant. Hy het sy grootwordjare deurgebring in Kemptonpark, Gauteng. Nadat Bezuidenhout matrikuleer het aan Hoërskool Jeugland, het hy BA Drama studeer aan die Universiteit van Kaapstad. In 2015 het hy sy honneursgraad cum laude verwerf.

Bezuidenhout se kreatiewe en oorspronklike raakpunte tydens sy vertonings, maak dat gehore kan identifiseer en die humor selfs in 'n slegte situasie raaksien. Tydens sy studentejare het hy kwessies begin bevraagteken oor die samelewing en dit is hoe hy besluit het om 'n komediant te word, sodat hy vreemde sienings en gebruike in die samelewing kan uitlig op 'n ligte, komiese wyse. In 2018 het Bezuidenhout die rol van Johan Niemand in die film, Kanarie, gekry wat geskoei is op die ervaringe van die mede-skrywer en musiekregisseur, Charl-Johan Lingenfelder. Die film is goed ontvang en het grense verskuif in terme van mense se vooropgestelde idees oor homoseksualiteit.

In 2015 is Bezuidenhout deur Comic’s Choice-prysgeleentheid as die beste in sy portuurgroep aangewys.

In 2018 is die kykNET televisiereeks, Die Ware Naarheid, van stapel gestuur met Bezuidenhout as die skrywer van die teks en nuusleser en Bibi Slippers en Erns Grundling as mede-aanbieders van die program. Bezuidenhout word gekenmerk deur sy kleurvolle truie en krulhare.

Opvoerings

  • Snorseun; geskryf en opgevoer deur Schalk Bezuidenhout (2018; 2019)
  • South African White Boy; (2018)
  • Blacks Only; (2013)

Televisie

  • Trippin With Skhumba; in 'n reeks van 30 episodes, wat bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars se grootword plekke dokumenteer, is Bezuidenhout se biografie ook in een van die episodes. (2019)
  • Hotel; vertolk die rol van Danny Beyers (2016)
  • Die Kliek; aanbieder (2017)
  • Die Ware Naarheid; Nuusleser van die program (2018; 2019)
  • Die Spreeus; vertolk die rol van Mnr. Scheepers (2019)

Film

  • Kanarie; vertolk die rol van Johan Niemand (2018)
  • Beloofde Land; kortfilm; vertolk die rol van President-generaal Lodewyk Mouton (2016)
  • Material Two; vertolk die rol van Hendrick (2020)

Skryfwerk

In Junie 2018 het Bezuidenhout sy eerste boek geskryf getiteld: Truitjie Roer My Nie. Die boek bestaan uit kort staaltjies vanuit Bezuidenhout se oogpunt van sy leefwêreld en hoe hy vreemde sienings en situasies ontrafel om sin daaruit te maak en om die leser te dwing om op 'n komiese wyse na gewidtige onderwerpe te kyk.

Persoonlike lewe

In 2019 het Bezuidenhout verloof geraak aan Mica McKechnie.

Toekennings

  • DStv Viewer’s Choice-toekenning: Gunsteling komediant van die jaar (2018)
  • ATKV-Mediaveertjie  (2016)
  • Huisgenoot Tempo-toekenning (2016)
  • Comic’s Choice-toekenning: Komediant van die Jaar (2017)
  • SAFTA-toekenning: vir sy ondersteunde rol in die kykNET-komediereeks, Hotel. (2018)
  • Kanna-toekenning: Beste Opkomende Kunstenaar (2016)

Bronnelys

The contents of this page are sourced from Wikipedia article. The contents are available under the CC BY-SA 4.0 license.
Lists
Schalk Bezuidenhout is in following lists
comments so far.
Comments
From our partners
Sponsored
Credits
References and sources
Schalk Bezuidenhout
arrow-left arrow-right instagram whatsapp myspace quora soundcloud spotify tumblr vk website youtube pandora tunein iheart itunes