Ollie Viljoen
Quick Facts
Biography
Rudolph Petrus (Ollie) Viljoen was 'n Afrikaanse musikant, orkesleier, storieverteller, TV-regisseur en radio-omroeper. Hy was self 'n fenomenale storieverteller en het onder andere die gewilde programme Spies en Plessis met permissie en Maak ’n las geskep. Hy was ook die aanbieder van Die Boereorkes Kompetisie en omroeper van RSG se boeremusiekprogram, Vastrap.
Hy was getroud met Estelle Viljoen, lektrise in Afrikaanse Letterkunde by onder andere TUKS en RAU (Deesdae UJ). Hulle het twee kinders, Willem en Enel. Estelle sterf tragies in 'n motorongeluk in 2000 saam met Ollie se boesemvriende Tolla van der Merwe en Koos Meyer.
In 2007 verhuis Ollie van Johannesburg na Sandbaai in die Weskaap. In plaas van aftree begin hy al hoe meer optree vertel hy destyds met sy skerp sin vir humor. Hy bly ook besig met CD-opnames, toere, produksies en solovertonings dwarsoor die land en selfs oorsee in Londen, Argentinie en Amerika.
In 2008 is hy saam met Valiant Swart met 'n SAMA-prys vir hulle album Vuur En Vlam in die kategorie Beste Afrikaanse Tradisionele Album bekroon. In 2010 het hulle 'n tweede album, Wild En Wakker die lig laat sien.
In Maart 2014 is sy eerste en enigste boek, Kitare en Snare deur Hemel en See Uitgewers gepubliseer.
Viljoen is Sondagoggend, 31 Augustus 2014 in die ouderdom van 76 oorlede. Hy is einde Julie met hartversaking in 'n hospitaal in Hermanus opgeneem en het sodoende sy huldigingskonsert by die Oppikoppi-musiekfees misgeloop. Hy het daarna aangesterk en is intussen ontslaan, maar is sowat 'n week voor sy dood in 'n hospitaal in Kaapstad opgeneem, waar hy in sy slaap gesterf het.
Diskografie
- My Land My Lied, 2011 RHYTHM
- Die Liedjies van Jan Spies
- Ollie en Sias (met Sias Reynecke)
- Wild En Wakker, 2010 RHYTHM/SELECT (met Valiant Swart)
- Vuur En Vlam, 2007 RHYTHM (met Valiant Swart; SAMA-prys in 2008)
- Ollie Speel Jim Muller, DECIBEL/ALFA ATELJEE (SAMA-prys in 1996)
- Ollie Speel Die Musiek Van Worsie Visser, 1999
- Ollie Viljoen Speel TV-Treffers, 1994 DECIBEL (SAMA-prys in 1995)
- Ollie Viljoen en Sias Reinecke
- Die Musiek van Maak 'n Las
- Legende van Boeremusiek (vol 1)
- Legende van Boeremusiek (vol 2)
- Saranti en Ollie speel Ons Liedjieskrywers
- Anton en Vrinne (met Anton Goosen)
- Net 'n Stille Uurtjie (met Rina Hugo)
- Ons mooiste Tangos
- Media (Met Karen Zoid)
- Blues en Susters (Tempo toekenning)
TV Programme
As Regisseur
Platepraatjies
Teletreffers
Kom kuier Saam
George Shearing in South Africa
Heino in South Africa
SATV Boere-Orkes kompetisie
Spies en Plessie
Saterdagjolyt Rugbykonserte in medewerking met Leon Schuster
Liedjieboer
New years Eve Special
In Camera
So Sta’die Manne
Maak ‘n Las
Kyk-innie-pot
Sakkie Langarm
Verskyn ook in die volgende TV programme
7de Laan
Villa Rosa
Kwela
Bravo
Pasella
Legendes van Afrikaans
Teater
Stoepstories konsep by alle Afrikaanse feeste insluitend KKNK, Aardklop, Innibos, Grahamstown en Ukkasie in Londen
Van Boereseun tot Brel
Klets klawers kitare
'n Inkspoor deur die lewe
Toekennings
1970 Wenner Nasionale Orrelkompetisie
1986 en 1987 Artes toekenning vir die beste verskeidenheidsprogram op TV : Boeremusiek Kompetisie
1988 Artes toekenning vir beste TV Program: Spies en Plessie
SAFTA toekenning vir beste Afrikaanse TV program: Maak 'n Las
1995 en 1996 SAMA toekennings vir Beste tradisionele albums, Ollie speel TV Treffers en Ollie speel Jim Muller
1999 Toekenning vir bydrae tot Afrikaanse Kultuur
2008 SAMA toekenning vir beste Afrikaanse Album Vuur en Vlam
2011 Innibos toekenning vir lewenslange bydrae tot Afrikaanse Musiek.
2012 Tempo toekenning vir mees kopskuiwende album, Blues en Susters
2014 Oppikoppie Legendes toekenning
Verwysings
- ↑ Musieklegende Ollie Viljoen sterf, Die Burger, 1 September 2014
- ↑ ‘Hoop daar is trekklaviere in die hemel’, Maroela Media, 1 September 2014