peoplepill id: m-t-r-smit
MS
1 views today
1 views this week
The basics

Quick Facts

The details (from wikipedia)

Biography

Ds. Mattheus Theodorus Rehuel Smit (Kommissiedrif, distrik Rustenburg, 9 Januarie 1888 – Strand, 30 Mei 1972) was 'n leraar in die Nederduitse Gereformeerde Kerk en is veral bekend as die stigter van die kinderhuis op Ugie in die Oos-Kaap wat sy naam dra.

Ds. Smit het, nadat hy sy skoolopleiding voltooi het, eers vir verdere opleiding na Wellington gegaan en daarna na Stellenbosch waar hy hom op die bediening voorberei het. Hy lê die kandidaatseksamen af en tree toe 'n tyd lank as veldprediker tydens die Eerste Wêreldoorlog op tot hy in 1916 gelegitimeer word en in Mei die volgende jaar bevestig word as herder en leraar van die NG gemeente Ugie. Hy het hier onafgebroke gearbei tot sy aftrede in 1936 en opheffingswerk van onskatbare waarde verrig. Hy het hom die lot van die groepwese van die 1918-epidemie in so 'n mate aangetrek dat hy 'n versorgingsoord opgerig het wat mettertyd die NG Kerk se grootste kinderhuis geword het.

Hy was 'n man met 'n warm hart en met vergesigte uit die geloof gebore. Tydens die jare van sy bediening en daarna het hy hom met skryfwerk besig gehou en daar het 'n hele aantal werke uit sy pen verskyn.

Verwysings

The contents of this page are sourced from Wikipedia article. The contents are available under the CC BY-SA 4.0 license.
Lists
M.T.R. Smit is in following lists
comments so far.
Comments
From our partners
Sponsored
Credits
References and sources
M.T.R. Smit
arrow-left arrow-right instagram whatsapp myspace quora soundcloud spotify tumblr vk website youtube pandora tunein iheart itunes