peoplepill id: lydia-van-der-vyver
LVDV
2 views today
2 views this week
The basics

Quick Facts

The details (from wikipedia)

Biography

Lydia van der Vyver, van 1946 tot 1970 predikantsvrou in vier Gereformeerde gemeentes.
Dr. G.C.P. van der Vyver, Lydia van der Vyver se eggenoot van 1946 tot sy oorlye in 1975.

Lydia van der Vyver (*Reddersburg, Oranje-Vrystaat, datum onbekend – plek en datum onbekend) was ’n vroueleier in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika.

Lydia du Plessis was ’n dogter van mnr. en mev. L.J. du Plessis van Reddersburg. Sy het aan die Potchefstroomse Universiteit studeer en die B.A. en Uniale Onderwysdiploma behaal. Sy het ook ’n diploma in musiek verwerf en dikwels as orreliste opgetree. In 1946 is sy met dr. G.C.P. van der Vyver getroud en uit dié huwelik is twee dogters gebore. Mev. Van der Vyver was agtereenvolgens pastoriemoeder van Colesberg (waar haar man leraar was van 1943 tot die jaar van hul huwelik), Innesdal (1946–'49), Pretoria-Brooklyn (1949–'55) en Bloemfontein-Suid (1955–'70). Hierna het sy en haar man na Potchefstroom verhuis waar hy van 1971 tot sy dood op 2 September 1975 aan die Gereformeerde Kerke se Teologiese Skool verbonde was.

Van der Vyver is omstreeks 1958 verkies tot voorsitster van die provinsiale komitee van die Sustersorganisasies van die Oranje-Vrystaat.

Bron

  • (af) Die Gereformeerde Vroueblad. 1959. Die Gereformeerde vrou 1859-1959. Potchefstroom: Potchefstroom Herald.
The contents of this page are sourced from Wikipedia article. The contents are available under the CC BY-SA 4.0 license.
Lists
Lydia van der Vyver is in following lists
comments so far.
Comments
From our partners
Sponsored
Lydia van der Vyver
arrow-left arrow-right instagram whatsapp myspace quora soundcloud spotify tumblr vk website youtube pandora tunein iheart itunes