peoplepill id: louis-wilsenach
LW
South Africa
2 views today
2 views this week
Louis Wilsenach
South African artist

Louis Wilsenach

The basics

Quick Facts

Intro
South African artist
Work field
Gender
Male
Place of birth
Pretoria, City of Tshwane Metropolitan Municipality, Gauteng, South Africa
Place of death
Johannesburg, City of Johannesburg Metropolitan Municipality, Gauteng, South Africa
Age
79 years
The details (from wikipedia)

Biography

Louis Wilsenach (8 Desember 1940 - 29 Maart 2020) was 'n Suid-Afrikaanse skilder, digter, sendeling en baanbreker in die advertensiewese. Hy is die eerste persoon in Gauteng, en derde in Suid-Afrika, wat aan Covid-19 oorlede is. Hy is in Pretoria gebore en was die jongste van ses kinders. Sy ouers was George en Margareth; die twee het later sendingwerk onder die Sjangaan-bevolking gedoen.

Wilsenach het gematrikuleer aan die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria en daarna argitektuur aan die Universiteit van Pretoria gaan studeer. Op aanbeveling van sy lektor het hy sy studies gestaak en in die advertensiebedryf gaan werk. Hy het gou sy eie maatskappy begin. Sy vrou, Gretchen, het later vir hom gewerk en hulle het die eerste animasieateljee in die land gehad. Hy was die dryfkrag agter onder andere die NikNaks, Ouma-beskuit en Chicken Licken veldtogte. Hy was ook die eerste agentskap om swart en wit kinders in 'n Simba-advertensie te gebruik. Dit was kontraversioneel vir sy tyd maar die SAUK het toegegee.

Hy was ook 'n strategiese konsultant vir oudpresident F.W. de Klerk, die slagspreuk Die Nuwe Suid-Afrika was ook Wilsenach se breinkind. Sy boek Die aha-fenoneem is in 2018 deur Graffiti-boeke uitgegee.

Hy sterf in Pretoria as gevolg van die Covid-19 pandemie, hy het reeds longontsteking gehad toe hy die virus opgedoen het. Wilsenach word oorleef deur sy dogter Mia en drie seuns, Len, Tebo en Lebo en drie kleinseuns. Sy vrou is in 2017 oorlede.

Bron

  • Covid-19 eis lewe van geliefde baanbreker Rapport Weekliks, 5 April 2020.

Verwysings

The contents of this page are sourced from Wikipedia article. The contents are available under the CC BY-SA 4.0 license.
Lists
Louis Wilsenach is in following lists
comments so far.
Comments
From our partners
Sponsored
Credits
References and sources
Louis Wilsenach
arrow-left arrow-right instagram whatsapp myspace quora soundcloud spotify tumblr vk website youtube pandora tunein iheart itunes