peoplepill id: koos-van-der-merwe-1
KVDM
South Africa
1 views today
1 views this week
Koos van der Merwe
South African singer

Koos van der Merwe

The basics

Quick Facts

Intro
South African singer
Work field
Birth
Age
65 years
The details (from wikipedia)

Biography

Koos van der Merwe
Geboorte1960
Pretoria, Suid-Afrika
Beroep(e)Sanger, liedskrywer, digter, predikant
Genre(s)Ligte Afrikaanse musiek
Instrument(e)Stem, kitaar
Webwerfwww.koosvandermerwe.com
Last.fmKoos Van Der Merwe
 Musiekportaal

Koos van der Merwe is 'n Suid-Afrikaanse sanger, digter en liedjieskrywer. Hy sing liedjies van bekende liedjieskrywers soos Bob Dylan en Leonard Cohen in Afrikaans, asook liedjies wat hy self skryf. Hy het bekendheid verwerf as deel van die groep Prophet met die treffer Houtkruis en is ook 'n predikant.

Biografie

Van der Merwe is in Pretoria gebore en matrikuleer aan die Hoërskool Edenvale. Daarna behaal hy 'n teologiese kwalifikasie aan die Aucklandpark Teologiese Seminarium (cum laude), 'n Honneursgraad in Teologie aan Die Randse Afrikaanse Universiteit (cum laude), 'n Meestersgraad in Teologie by RAU (cum laude), en ook sy Doktorsgraad by RAU in die Sielkundige Opvoedkunde.

In die 1980's begin hy saam met Theo Geyser die musiekgroep Prophet, wat met agt ATKV-Liertoekennings vereer is vir Mees Uitnemende Geestelike Musiek.

Tussen Januarie 2010 en 2017 was hy verantwoordelik vir die tydskrif Sarie se agterbladrubriek Laaste Sê, nadat hy reeds vir jare die rubriek Sielsdinge in dié tydskrif behartig het.

In 2013 stel Van der Merwe die album Leonard Cohen in Afrikaans vry en die album bereik goue status in 2014 waarna hy 'n album met Bob Dylanliedjies, Tamboerynman vrystel.

In 2017 stel Koos van der Merwe sy solo-album Droom Martha Droom vry, en begin vir die agterbladrubriek van die vrouetydskrif Finesse skryf, nadat hy 15 jaar lank by die tydskrif Sarie betrokke was.

Diskografie

Albums

  • Leonard Cohen in Afrikaans, 2013
  • Tamboerynman, 2015
  • Droom Martha Droom, 2017
  • Vlugplek, 2017

Verwysings

  1. Bio: Dr. Koos van der Merwe, www.koosvandermerwe.com. Besoek op 14 Julie 2019.
  2. Wie is Koos van der Merwe?, www.koosvandermerwe.com. Besoek op 14 Julie 2019.
  3. Elektroniese Christelike kernensiklopedie: Prophet (Sanggroep), cke.christians.co.za. Besoek op 14 Julie 2019.
The contents of this page are sourced from Wikipedia article. The contents are available under the CC BY-SA 4.0 license.
Lists
Koos van der Merwe is in following lists
comments so far.
Comments
From our partners
Sponsored
Credits
References and sources
Koos van der Merwe
arrow-left arrow-right instagram whatsapp myspace quora soundcloud spotify tumblr vk website youtube pandora tunein iheart itunes