Karlien van Jaarsveld
Quick Facts
Biography
Karlien van Jaarsveld (21 Desember 1985, Paarl) is 'n Afrikaanse sangeres en skrywer. Haar debuutalbum, As die Gordyn Val, is in 2010 uitgereik. Sy was vroeër lid van die rockgroep Revolusie, maar het teen die einde van 2008 daaruit bedank.
Biografie
Karlien van Jaarsveld is die oudste van drie kinders. Haar broer, Bobby van Jaarsveld, is ook 'n sanger.
Sy het in 2005 saam met Bobby van Jaarsveld begin optree as sy kitaarspeler en agtergrondsangeres. Sy het ook 'n duet saam met Bobby gesing op sy eerste album. Karlien het omstreeks 2006 besluit om haar eie koers in te slaan en het toe 'n rockgroep gestig, Revolusie. Sy was die stigter en hoofsangeres van dié groep. Rockmusiek was altyd in haar bloed en sy het die twee jaar saam met Revolusie beskou as 'n uitstekende leerskool.
Karlien het egter in Oktober 2008 besluit om 'n sololoopbaan te volg en het Revolusie verlaat.
Johan Vorster Songs het Karlien as kunstenaar ingeneem. Karlien se album “Jakkals Trou Met Wolf Se Vrou” is uitgereik. Twee video's is ook geskiet van “Beter as Liefde” en “Jakkals Trou met Wolf se Vrou”. Die album se verkope het platinumstatus bereik.
Karlien het verskyn in die Afrikaanse fliek Platteland saam met Steve Hofmeyr, Bok van Blerk, Jay en Lianie May. Sy speel die rol van 'n parmantige matriekdogter.
Karlien was getroud met die voormalige Springbok en Blou Bul Derick Hougaard. Sy het einde 2013 die lewe geskenk aan tweelingseuns. Die liedjie "Daniël en Eliah" op haar album, My Hartjie, is aan hulle opgedra. Sy is weer getroud met Joe Breytenbach, 'n voormalige rugbyspeler. Hul eersteling,'n dogter genaamd Elah, is op 7 Oktober 2017 gebore.
Pryse en benoemings
Karlien is in 2011 vir drie Huisgenoot Tempotoekennings benoem:
- Beste nuweling,
- Beste popalbum
- Beste vroulike kunstenaar
waarvan sy beste nuweling gewen het.
Karlien is benoem in die Ghoema-toekenning vir die volgende kategorieë:
- Beste vroulike kunstenaar;
- Liedjie van die jaar vir “Jakkals Trou met Wolf se Vrou”,
- Musiekvideo van die jaar vir “Jakkals Trou met Wolf se Vrou”,
- Album van die jaar vir “Jakkals Trou met Wolf se Vrou”,
- Beste popalbum met “Jakkals Trou met Wolf se Vrou”, waarmee sy "beste vroulike kunstenaar", "musiekvideo van die jaar" en "beste popalbum" gewen het.
Diskografie
- 2010: As die gordyne val
- 2011: Jakkals trou met wolf se vrou
- 2013: Uitklophou
- 2015: My hartjie
- 2017: Sing vir liefde
Teater
- 2015: Aspoestertjie
Bibliografie
- Karlien kan nie kook nie
Sien ook
- Lys van Suid-Afrikaanse musikante
Eksterne skakels
Verwysings
- ↑ Kollig: Karlien van Jaarsveld, Huisgenoot, besoek op 17 Augustus 2010.
- ↑ http://www.asjysing.com/