peoplepill id: julius-jeppe-sr
JJS
1 views today
1 views this week
Julius Jeppe, Sr.

Julius Jeppe, Sr.

The basics

Quick Facts

The details (from wikipedia)

Biography

Die gedenkteken vir Julius Jeppe in Jeppestown, Johannesburg.

Julius Gottlieb Ernst Christian Jeppe (Rostock, Duitsland, 24 Februarie 1821 – Johannesburg, Transvaal, 16 Junie 1893)was ’n Randse pionier, finansier en eiendomsontwikkelaar.

Jeppe was in 1870 die laaste van die drie Jeppe-broer wat na Transvaal gekom het nadat Hermann en Friedrich hulle ’n hele tyd vantevore in die ZAR gevestig het. Die gesin, onder wie die seuns Carl en Julius, het 'n kort tydjie op die plaas Morgenzon, naby Rustenburg, gewoon. Onder die naaste bure was die kommandant-generaal, S.J.P. Kruger.

Nog in 1870 het Jeppe posmeester van Pretoria geword. Hy het deelgeneem aan die Sekhukhune-oorlog en was ’n ywerige jagter. Met die opening van die goudvelde in 1886het al drie broers uit Pretoria daarheen verhuis. Jeppe en sy gesin het in die eerste baksteenhuis in Johannesburg gewoon. Saam met sy broers het hy ’n sindikaat gevorm wat die uitvalgrond Randjeslaagte afgesteek het vir eiendomsontwikkeling nadat die goudkleims minder belowend geblyk het as elders aan die Rand.

Saam met die regsgeleerde L.P. Ford en sy seuns Carl en (later sir) Julius Jeppe het hy die Jeppe & Ford Estate Company opgerig wat Johannesburg se oudste voorstede, Fordsburg (1888) en Jeppestown (1889), aangelê het. Die eiendomsmaatskappy het ontwikkel in die South African Townships, Mining & Finance Company, wat die beherende maatskappy van sir Abe Bailey se uitgebreide belange geword het. ’n Gedenkteken wat tot sy gedagtenis opgerig is, staan vandag nog in ’n park in die voorstad Jeppestown.

Bronne

  • (af) De Kock, prof. W.J. (tot 1970) en Krüger, prof. D.W. (sedert 1971, hoofred.) . 1972. Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek, deel II. Kaapstad en Johannesburg: Tafelberg-Uitgewers.
  • (en) Potgieter, D.J. (ed.) 1972. Standard Encyclopaedia of Southern Africa, volume 6. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery (Nasou).
The contents of this page are sourced from Wikipedia article. The contents are available under the CC BY-SA 4.0 license.
Lists
Julius Jeppe, Sr. is in following lists
comments so far.
Comments
From our partners
Sponsored
Julius Jeppe, Sr.
arrow-left arrow-right instagram whatsapp myspace quora soundcloud spotify tumblr vk website youtube pandora tunein iheart itunes