peoplepill id: joshua-na-die-reen
JNDR
2 views today
6 views this week
Joshua na die Reen

Joshua na die Reen

The basics

Quick Facts

Work field
The details (from wikipedia)

Biography

Joshua na die Reën (afgekort tot JNDR) is die verhoognaam van die Afrikaanse liedjeskrywer en musikant Jacques de Villiers van Pretoria, Gauteng. Joshua na die Reën tree saam met ander musikante en soms ook solo op. Van die musikante wat hom bystaan is Lizandra Winter (sang), Jean de Villiers (tromme), Ryhno von Hagen (akoestiese kitaar, mandolien, fluit), Gerhard Biennedel (baskitaar), Heini Berner (elektriese kitaar) en Raziela Kosterman (viool). Wanneer die geleentheid hom voordoen, kan hy ook saam met 'n strykensemble optree.

Agtergrond

Jacques de Villiers het op 'n plaas in die Walkerville-omgewing tussen Johannesburg en Parys grootgeword en in 2010 aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie die topprys vir Jazz behaal.Na sy studies het hy vir Jak de Priester op klavier begelei en ook vir Bobby van Jaarsveld.

Afhangende van die situasie is reën vir sommiges ‘n positiewe en vir ander ‘n negatiewe natuurverskynsel, maar dié wat daardeur geraak word besef dat dit lewe bring, al is dit wat daaruit voortspruit nie dadelik sigbaar nie.

Groepe en kunstenaars soos Coldplay, One Republic, Brooke Fraser, Kaleidoskoop, Mumford & Sons en Elvis Blue dien as inspirasie vir JNDR.

Die naam "Joshua na die Reën" verwys na 'n uitsonderlike band met die natuur, asook die temas van eerlikheid en hoop.

Sy debuutalbum, Joshua na die Reën, is op 18 September 2013 in die Aulateater by die Universiteit van Pretoria bekendgestel, alhoewel dit reeds op 1 Augustus 2013 op iTunes vrygestel is. Hierdie album ontvang in 2014 twee Ghoemas vir beste nuweling en beste Afrikaanse kontemporêre album.

Eerbewyse

Hy wen in 2014 twee Ghoemas vir beste nuweling en beste Afrikaanse kontemporêre album vir Joshua na die Reën, en in 2017 'n SAMA-prys vir die beste kontemporêre musiekalbum vir Die wêreld binne my.

Diskografie

  • 2013: Joshua na die Reën
  • 2016: Die wêreld binne my
  • 2019: Someraarde

Verwysings

  1. Rooiwarm man: Joshua na die Reën (Artikel). Rooi Rose. URL besoek op 2017-11-08.
  2. Hammond, Karin (12 Februarie 2014). JNDR strewe na natuurlike uniekheid (Artikel). Die Matie. URL besoek op 27 Februarie 2014.
  3. Cloete, Henry (20 November 2013). Joshua na die Reën: “Ek kan maar net praat oor hoe ek dit beleef…” (Artikel). LitNet. URL besoek op 27 Februarie 2014.
  4. Human, Rochélle (30 Januarie 2014). Musiek soos reën (Artikel). Beeld. URL besoek op 27 Februarie 2014.
  5. Dinamiet, Daantjie (15 Augustus 2013). Joshua na die Reën (Artikel). Maroela Media. URL besoek op 27 Februarie 2014.
  6. Marais, Michelle (20 Februarie 2014). Joshua na die Reën (Artikel). Laevelder. URL besoek op 27 Februarie 2014.
  7. Marais, Michelle (22 Julie 2013). Wie is Joshua na die Reën (Artikel). Jacaranda FM. URL besoek op 27 Februarie 2013.
  8. Joshua na die Reën. iTunes. URL besoek op 2017-11-08.
  9. Beets, Mike (29 Mei 2014). Sidetracked with Joshua Na Die Reen. Gateway News. URL besoek op 2017-11-08.

Sien ook

  • Lys van Suid-Afrikaanse musiekgroepe

Eksterne skakels

Video’s (chronologies)

The contents of this page are sourced from Wikipedia article. The contents are available under the CC BY-SA 4.0 license.
Lists
Joshua na die Reen is in following lists

By field of work

By work and/or country

comments so far.
Comments
From our partners
Sponsored
Credits
References and sources
Joshua na die Reen
arrow-left arrow-right instagram whatsapp myspace quora soundcloud spotify tumblr vk website youtube pandora tunein iheart itunes