peoplepill id: joseph-borwein
JB
1 views today
1 views this week
Joseph Borwein
Sakeman en drukker

Joseph Borwein

The basics

Quick Facts

Intro
Sakeman en drukker
A.K.A.
Joseph Jacob Borwein
Gender
Male
The details (from wikipedia)

Biography

Joseph Jacob Borwein (Litaue, 1 Januarie 1893 – onbekend) was ’n Suid-Afrikaanse sakeman en drukker.

Borwein het sy opleiding in sy geboorteland ontvang, waarna hy in Frankryk aan die Universiteit van Montpellier en aan die Universiteit van Glasgow studeer het. In Brittanje het hy hom aangesluit by die Koninklike Lugmag, maar ná die Eerste Wêreldoorlog na Litaue teruggekeer. In 1928 het hy na Suid-Afrika geëmigreer en verskeie beroepe beoefen, onder meer die stigting van ’n ingenieursaak. Hy was van 1930 tot 1936 werksaam by die A.R.O.P. Oil Co. as bestuurder van die kusstreek vir installasies in Durban. In 1947 was hy saam met Nathan Berger medestigter van Pacific Press (Edms.) Bpk., ’n firma was gespesialiseer het in die uitgee en druk van werke in Hebreeus en Jiddisj.

Hy is in Oktober 1922 met Rachel, dogter van S. Landau, in die huwelik verbind. Hulle het ’n seun en ’n dogter gehad. Die egpaar Borwein het in die vroeë 1960's by Minorsstraat 53, Yeoville, gewoon.

Bron

  • (af) (en) Kruger, dr. D.F. 1963. Wie is wie in Suid-Afrika. Johannesburg: Vitae Uitgewers.
The contents of this page are sourced from Wikipedia article. The contents are available under the CC BY-SA 4.0 license.
Lists
Joseph Borwein is in following lists
comments so far.
Comments
From our partners
Sponsored
Joseph Borwein
arrow-left arrow-right instagram whatsapp myspace quora soundcloud spotify tumblr vk website youtube pandora tunein iheart itunes