Johan le Roux
Quick Facts
Biography
Johan le Roux was 'n matriekleerling van Hoërskool Dr. Malan in Meyerton. Hy is bekend vir sy heldedade gedurende die Henley on Klip-busramp. Hy was ook 'n knap Voortrekker en sou 'n Presidente-erkenning ontvang.
Henley on Klip-busramp
In die namiddag van die 28 Januarie 1970 het 'n skoolbus vol kinders op die spoorlyn tussen Vereeniging en Johannesburg gaan staan. 'n Trein het die bus getref waartydens 23 kinders dood en 'n verdere 16 beseer is. Le Roux het ten minste twee kinders se lewes gered deur hulle by die busvenster uit te stoot voordat die trein die bus getref het. Hy het self in die ongeluk omgekom.
Nalatenskap
Die Johan le Roux-straat in Meyerton wat verby Hoërskool Dr. Malan loop is na hom genoem.
Die Woltemadedekorasie vir Dapperheid-Silver is in 1973 aan Johan le Roux vir dapperheid toegeken.
Sien ook
- Henley-on-Klip (rolprent)
- Henley on Klip