peoplepill id: hercules-von-molendorff
HVM
1 views today
1 views this week
Hercules von Molendorff

Hercules von Molendorff

The basics

Quick Facts

The details (from wikipedia)

Biography

Hercules von Molendorff het die graad M.Sc. aan Maties verwerf, asook 'n S.O.D.

Hercules von Molendorff (12 Maart 1941 op Aberdeen tot 24 November 2006 in die Paarl) was 'n senior tegniese bestuurder van die Duitse ingenieursfirma Siemens, onderwyser in Namakwaland, en Bolandse krieketspeler en legendariese heelagter vir dieselfde unie in die vroeë tot middel jare sestig.

Von Molendorff is op Aberdeen in die Karoo gebore. Sy vader was 'n bouer, Harry von Molendorff. Die gesin het vroeg in die jare vyftig na Wellington verhuis waar Von Molendorff sy skoolloopbaan in 1958 aan die Hugenote Hoërskool voltooi het.

Ná skool het hy die graad M.Sc. aan die Universiteit Stellenbosch verwerf, asook ’n S.O.D. Hoewel die onderwys altyd sy eerste liefde was, het hy skaars twee jaar lank aan die Hoërskool Tygerberg skoolgehou, waarna beter geleenthede in die privaat sektor hom uiteindelik tot by die Duitse ingenieursfirma Siemens in Johannesburg gelei het. Daar het hy einde 1990 as senior tegniese bestuurder afgetree.

Terug na die onderwys

Hy kon ná soveel jare weer na die onderwys terugkeer, maar met byna geen ervaring op dié gebied nie, het hy ’n keuse gehad tussen die Hoërskool Garies en die Hoërskool Boesmanland op Pofadder. Sy derde vrou, Dalene, met wie hy in 1989 getroud is, het hom help besluit op Garies, waar hulle vier vrugbare en gelukkige jare deurgebring het.

In 1995 het die egpaar Alexanderbaai toe verhuis waar Von Molendorff ’n betrekking as departementshoof aanvaar het. Ná ’n verdere vier gelukkige jare het hulle einde 1998 na Wellington teruggekeer. Hier het hy hom besig gehou met ekstra wiskundelesse, houtwerk en sy rekenaar.

Aftrede

Intussen het hy ook as wiskundeonderwyser aan Hugenote Hoërskool afgelos. Ten tyde van sy dood het hy juis aan die begin gestaan van ’n agt maande lange aflostydperk aan die skool. Ongelukkig kon hy net twee weke skoolhou voor hy onverwags siek geword het.

Von Molendorff (65) is op Maandag 13 November 2006 in die hospitaal opgeneem met longontsteking. Sy toestand het gou versleg en hy is die volgende dag na die intensiewesorgeenheid oorgeplaas waar hy die aand van 24 November oorlede is.

Eksterne skakel

  • (af) Sy doodsberig in die Paarl Post soos weergegee op die webtuiste sagenealogie.com. URL besoek op 24 November 2015.
The contents of this page are sourced from Wikipedia article. The contents are available under the CC BY-SA 4.0 license.
Lists
Hercules von Molendorff is in following lists
comments so far.
Comments
From our partners
Sponsored
Credits
References and sources
Hercules von Molendorff
arrow-left arrow-right instagram whatsapp myspace quora soundcloud spotify tumblr vk website youtube pandora tunein iheart itunes