peoplepill id: hennie-venter
HV
1 views today
2 views this week
The basics

Quick Facts

Birth
Age
103 years
The details (from wikipedia)

Biography

Ds. Hendrik Johannes Stephanus Venter (Bloemfontein, 26 Augustus 1922 – Warmbad, Transvaal, 23 Desember 1976) was tussen 1964 en sy dood predikant in drie gemeentes van die Gereformeerde Kerk.

Vroeë lewe

Venter is in die Vrystaatse hoofstad gebore as die oudste seun van 'n gesin van ses kinders. Sy skoolloopbaan het hy aan Grey-kollege in sy geboortestad voltooi en het hom daarna bekwaam as 'n handsetter. In dié hoedanigheid het hy gewerk by Die Volksblad en The Friend, die destydse twee dagblaaie in die stad.

Hy is in 1948 getroud met Margaretha Jansen en twee dogters is vir hulle uit die huwelik gebore. Begin 1957 verhuis die gesin na Potchefstroom waar hy inskryf vir 'n B.A.-graad met die oog op predikantstudie. Hy was 16 jaar as handsetter in die drukkersbedryf werksaam en het tydens sy studiejare gereeld nog in Potchefstroom se drukkerye gewerk om die studiekoste te bestry en sy gesin te versorg.

Omdat hy al 33 was toe hy begin studeer, het sy klasmaats dadelik van "Oom Hennie" begin praat en dié aanspreekvorm het gebly tot met sy dood. Sy vrou, Retha, het as verpleegsuster in Potchefstroom gewerk en die gesin se vriendelikheid, die aantreklikheid van die huislikheid en die koffie en beskuitjies wat altyd beskikbaar was, het oom Hennie en tannie Retha se huis daar langs Oom Schoonhoven se haarkappery, 'n welkome toevlugsoord vir menige jong student gemaak, skryf ds. J.J. de Jager in ds. Venter se lewensberig in die Almanak van 1980.

Gemeentebediening

In 1963 behaal hy die Th.B.-graad en in 1964 word hy bevestig as predikant van die Gereformeerde kerk Messina. In 1967 neem hy die beroep aan na Bultfontein en in 1975 na Warmbad, waar hy net 3½jaar gearbei het. Vroeg die oggend van 23 Desember 1978 is hy skielik oorlede náa vyftien jaar in die bediening en 30 jaar van 'n gelukkige huwelikslewe.

Waardering

Ds. De Jager skryf: "Sy ervaring het van die begin van sy studie af, vir hom ’n vertrouensposisie verwerf onder die jong studente met wie hy saam gestudeer het. Hy was menige dag 'n vader vir die jong mense met hulle probleempies. Dit was ook kenmerkend van sy bedieningsjare: Hy was 'n ware herder. Sy rustige geaardheid en gelykmatige temperament het van hom 'n geliefde vertroueling van sy lidmate gemaak. ’n Mens kon nie help om vir hom lief te wees nie.

"Oom Hennie was 'n nederige dienskneg van die Here wat met groot roepingsbesef en geloof op 'n laat stadium van sy lewe besluit het om predikant te word. Die 15 jaar dat hy kon dien, het hy optimaal benut. Hy het gewerk soos een wat geweet het dat die tyd min is. Met dankbaarheid teenoor die Here sal 'n mens altyd aan Hendrik Venter dink."

Bronne

  • (af) De Jager, ds. J.J. in De Bruyn, ds. F.R.P. et al. 1979. Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1980. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
The contents of this page are sourced from Wikipedia article. The contents are available under the CC BY-SA 4.0 license.
Lists
Hennie Venter is in following lists
comments so far.
Comments
From our partners
Sponsored
Hennie Venter
arrow-left arrow-right instagram whatsapp myspace quora soundcloud spotify tumblr vk website youtube pandora tunein iheart itunes