peoplepill id: hans-strydom
HS
South Africa
1 views today
50 views this week
Hans Strydom
South African actor

Hans Strydom

The basics

Quick Facts

Intro
South African actor
Gender
Male
The details (from wikipedia)

Biography

Hans Strydom is 'n Suid-Afrikaanse akteur en skrywer. Hy is veral bekend vir sy rol as dr. Stephen Marshall in The Gods Must Be Crazy II (1989). Hy is ook 'n bekende TV-persoonlikheid en het in verskeie Afrikaanse sepies en rolprente gespeel.

Biografie

Johannes Strydom is op 14 Mei 1947 in Durban in Natal, Suid-Afrika gebore. Hy studeer regte aan die Universiteit van Potchefstroom en begin in 1964 by die Departement van Justisie, in Durban se magistraatshof te werk. In 1972 was hy 'n staatsaanklaer in Ladysmith en tussen 1972 en 1976 was hy 'n magistraat by die hoofkantoor van die Departement van Justisie.

In 1976 bedank hy sy werk om 'n akteur te word. Hy was die eerste persoon (saam met David Hall-Green) om Suid-Afrikaners in Januarie 1976 op TV tydens die land se eerste nasionale uitsendings te verwelkom.

Strydom het sedertdien in verskeie TV-reekse opgetree, insluitende: Binnelanders, Plek van die Vleisvreters, Westgate, Generations, Egoli, The Res, Platinum en Oepse Daisy.

Hy het ook in verskeie rolprente gespeel, soos: Iemand Soos Jy (1976), Diamant en die Dief (1978), Someone Like You (1978), Herfsland (1982), The Emissary (1988) en The Gods Must Be Crazy II (1989).

In 2000 wen hy 'n saak teen die SAUK wat nie akteurs behoorlik vir heruitsendings beloon het nie. Sedertdien help hy kunstenaars om die korrekte fooie van die SAUK te eis.

Filmografie

As akteur:

As skrywer:

  • The Fourth Reich, 1990

As produksiebestuurder:

As homself:

  • Buster Reynolds Remembers Jamie Uys, 2004 (dokumentêre video)

Toekennings

Verwysings

  1. Profiel op tvsa.co.za, besoek op 4 Mei 2014
  2. Profiel op whoswho.co.za, besoek op 4 Mei 2014
The contents of this page are sourced from Wikipedia article. The contents are available under the CC BY-SA 4.0 license.
Menu Hans Strydom

Basics

Introduction

Biografie

Filmografie

Toekennings

Verwysings

Lists

Also Viewed

Lists
Hans Strydom is in following lists
comments so far.
Comments
From our partners
Sponsored
Credits
References and sources
Hans Strydom
arrow-left arrow-right instagram whatsapp myspace quora soundcloud spotify tumblr vk website youtube pandora tunein iheart itunes