peoplepill id: gert-coetzee-2
GC
South Africa
1 views today
1 views this week
Gert Coetzee
Soldier in the Second Boer War

Gert Coetzee

The basics

Quick Facts

Intro
Soldier in the Second Boer War
A.K.A.
Gert Hendrik Jacobus Coetzee
Work field
Gender
Male
Place of death
Heidelberg concentration camp, South Africa
Age
51 years
Family
Relatives:
The details (from wikipedia)

Biography

Gert Hendrik Jacobus Coetzee (geboorteplek onbekend, 14 Junie 1850 – Heidelberg, Transvaal, 17 Oktober 1901) was ’n Boeresoldaat in die Tweede Vryheidsoorlog.

Coetzee was die seun van Nicolaas Tjaart Coetzee (gebore Cradock, 2 Oktober 1823, oorlede plaas Kraayfontein, distrik Albert, 8 Januarie 1870) en Johanna Margaretha Kruger (gebore Colesberg, 2 Oktober 1827, oorlede plaas Waschbank, Venterstad, 5 April 1858). Hy was die derde kind en tweede seun van sy ouers se nege kinders.

Uit Coetzee se huwelik met Aletta Sophia van der Walt (24 Augustus 1850 – Edenvale, 20 Julie 1917) is 12 kinders gebore. Voor die Driejarige Oorlog het hy die plaas Grootfontein naby Nigel by David Erasmus gehuur. Ná die oorlog is ’n boedeleis van £401 ingestel en uitbetaal vir skape wat deur die Engelse gekommandeer is. Op die plaas Grootfontein is later die dorp Dunnottar, Sharon Park, die vliegskool asook die myn Sub Nigel aangelê.

In die oorlog het hy saam met twee van sy seuns, Francois Philippus en Willem Nicolaas, aan die geveg by Spioenkop in Natal deelgeneem. Hy is van Steynsburg na Griekwaland-Wes om nie onder die Engelse te wees nie. Daar het die meeste van sy vee gevrek. Hy is terug na Balkfontein, distrik Albert (Burgersdorp), waar sy vrou se suster getroud was met Nicolaas Abraham Coetzee.

Later is hy na Potchefstroom en toe na Kromellenboog naby Heilbron in die Vrystaat. ’n Tyd lank was hy gevestig by Van Reenenskop of aan die Frankfort-Heidelberg-pad. Ook in die distrik Heidelberg het hy ’n tyd lank gewoon, waar sy halfsuster getroud was met ds. Philippus Snyman van die plaaslike Gereformeerde kerk, die kerkverband waartoe Coetzee ook behoort het.

Hy is oorlede weens longontsteking in die Heidelberg-konsentrasiekamp en in die kampkerkhof begrawe nadat hy as krygsgevangene met sy perd gejaag en koue gevat het.

Sien ook

  • Nico Coetzee, sy kleinseun, 'n onderwysman en Afrikaanse digter

Bron

The contents of this page are sourced from Wikipedia article. The contents are available under the CC BY-SA 4.0 license.
Lists
Gert Coetzee is in following lists
comments so far.
Comments
From our partners
Sponsored
Credits
References and sources
Gert Coetzee
arrow-left arrow-right instagram whatsapp myspace quora soundcloud spotify tumblr vk website youtube pandora tunein iheart itunes