peoplepill id: franci-swanepoel
FS
South Africa
1 views today
1 views this week
Franci Swanepoel
South African actress and television personality

Franci Swanepoel

The basics

Quick Facts

Intro
South African actress and television personality
Gender
Female
Birth
Place of birth
Johannesburg, City of Johannesburg Metropolitan Municipality, Gauteng, South Africa
Age
50 years
The details (from wikipedia)

Biography

Franci Swanepoel (1972 - 15 Oktober 2022) was ’n Suid-Afrikaanse aktrise en televisiepersoonlikheid.

Biografie

Sy was die dogter van Nic en Marida Swanepoel. Franci is in Johannesburg gebore en het aan Hoërskool Linden gematrikuleer. Sy het grootgeword in die vermaaklikheidsbedryf en het vanaf die ouderdom van vyf aan radiodramas deelgeneem.

Opleiding

Sy het drama aan die Universiteit van Stellenbosch studeer.

Bydrae tot Suid-Afrikaanse teater, film, media en/of opvoering

As student het sy opgetree in produksies van Women Behind Bars (1993), Die Renosters (1994), Ipekonders (1994), en Die Vampier (ATKV Kampustoneel 1994).

Tydens haar professionele loopbaan was sy te sien in Droom (1998), Siener in die Suburbs (KKNK 2002), Junkiedrome, High Street Theatre, 2002, Janneman (Woordfees 2011), Aantrekkingskrag in 2011, as Bea in Boksballade (KKNK 2013).

Sy het saam met Sandra Prinsloo in die produksie van Soebatsfontein by die Innibosfees van 2018 verskyn.

Haar televisierolle sluit Binnelanders in. Sy het ook as aanbieder van Fiësta op KykNET gewerk.

Toekennings

Sy is bekroon met die ATKV-Veertjie as beste aktrise vir haar rol as Toeks Joubert in Binnelanders in 2010.

Verwysings

  1. Krige, Elaine (16 Oktober 2022). Bekende aktrise sterf op 50. Maroela Media.

Bronne

  • Beeld, 19 April 2010.
  • Beeld, 26 September 2011.
  • Rapport, 31 Maart 2013.
  • "Pitkos vir almal by Innibos", Rapport Beleef 27 Mei 2018.
The contents of this page are sourced from Wikipedia article. The contents are available under the CC BY-SA 4.0 license.
Lists
Franci Swanepoel is in following lists
comments so far.
Comments
From our partners
Sponsored
Credits
References and sources
Franci Swanepoel
arrow-left arrow-right instagram whatsapp myspace quora soundcloud spotify tumblr vk website youtube pandora tunein iheart itunes