Chris Koch
Quick Facts
Biography
August Christoffel Koch (1927 - 1986) was 'n Springbok rugbyspeler wat Suid-Afrika in 22 toetse verteenwoordig het.
Agtergrond
Chris is gebore, het skoolgegaan, het geboer en gesterwe in Moorreesburg. Hy het sy skoolloopban in Hoƫrskool Dirkie Uys voltooi. Sy beroep was 'n boer op die plaas Boontjies Kraal.
Rugby Loopbaan
Op sestienjarige ouderdom het Chris reeds vir Moorreesburg dorp se eerste span gespeel as stut, 'n posisie wat hy sy hele loopbaan gespeel het. Hulle bynaam was Tigers omrede Jungle Oats 'n fabriek in die dorp gehad het. Op agtienjarige ouderdom speel hy reeds vir die Boland. Tydens sy eerste wedstryd teen die Westelike Provinsie op Nuweland word hy raakgesien deur Danie Craven en word na die Springbok proewe genooi. Sy broer, Willem, is ook na die prowewe genooi. Hy word gekies as 'n Springbok vir die tweede toets teen die 1949 All Blacks, voor sy 22ste verjaarsdag. Hy verteenwoordig ook die Springbokke op die 1951-52 toer na Brittanje, Ierland en Frankryk. Hy speel ook teen die 1953 Wallabie span in Suid-Afrika en in al vier toetse teen die 1955 Britse Leeuspan. Hy speel ook in die All-Black toer na Nieu-Seeland van 1956, teen die Franse in Suid-Afrika en speel sy laaste toetse in 1960 teen die All-Blacks, tuis. Hy het vyf toets drieƫ gedruk in sy internasionale loopbaan.
Hy sterf op 21 Maart 1986 aan 'n hartaanval in Moorreesburg.
Bron
- 30 Super Springboks. Paul Dobson. 1995. ISBN 0-7981-3411-9
Eksterne skakels
- Chris Koch by www.genslin.us/bokke