peoplepill id: azaria-mbatha
AM
South Africa
1 views today
4 views this week
Azaria Mbatha
South African artist

Azaria Mbatha

The basics

Quick Facts

The details (from wikipedia)

Biography

Azaria Mbatha (1941 -) is 'n Suid-Afrikaanse kunstenaar.

Mbatha is in Mabeka, KwaZulu-Natal, gebore. Van 1961 af het hy as klerk in Vryheid gewerk, maar is in die Ceza-sendinghospitaal opgeneem nadat hy tuberkulose opgedoen het. Dit is hier waar Mbatha se belangstelling in die kuns geprikkel is: Peder Gowenius, 'n Sweedse sendelingonderwyser, het hom aangemoedig om linosneewerk te doen. Ná hy uit die hospitaal ontslaan is, is hy as voltydse student na die kunsskool in Umpumulo wat in 1961 deur Gowenius gestig is. Daarná is Mbatha na die Rorkes Drift-kunssentrum, waar hy 'n tyd lank kunsonderrig gegee het.

Mbatha het sy eerste eenmanuitstalling in 1965 gehou, en in dieselfde jaar die Art SA Today-toekenning ontvang. Hy het in 1966 aan die Republiekfees-uitstalling deelgeneem. Pas daarná is 'n studiebeurs aan hom toegeken en hy is na die Konst Fack-kunsskool in Stockholm, waar hy vir 'n jaar lank gestudeer het. Hy het in 1967 na Rorkes Drift teruggekeer, maar woon tans in Swede.

Azaria Mbatha is 'n grafiese kunstenaar. Hy het aanvanklik linosneë en muurskilderwerk gedoen, maar doen nou ook syskermdrukwerk en kopergravures. Hy het die inspirasie vir sy vroeëre werk duidelik uit die godsdiens geput: die meeste werke is persoonlike interpretasies van Bybelverhale en dit word vandag nog as van sy beste werk beskou. Sy vroeë linosneë was verhalend en is in 'n Romaanse styl uitgevoer, maar sy latere werk het meer klem op die tradisie en die volkskunde gelê.

Mbatha het talle uitstallings in Suid-Afrika gehou, asook in Swede, en sy werk word in die Nasionale Kunsgalery in Kaapstad, die Pretoriase Kunsmuseum en die Museum of Modern Art in New York verteenwoordig.

Bronnelys

  • Wêreldspektrum, Vol. 18, 86, ISBN 0 908409 591
The contents of this page are sourced from Wikipedia article. The contents are available under the CC BY-SA 4.0 license.
Lists
Azaria Mbatha is in following lists
comments so far.
Comments
From our partners
Sponsored
Credits
References and sources
Azaria Mbatha
arrow-left arrow-right instagram whatsapp myspace quora soundcloud spotify tumblr vk website youtube pandora tunein iheart itunes