Anna-Mart van der Merwe
Quick Facts
Biography
Anna Martha Prevot van der Merwe (9 Augustus 1963)is 'n Suid-Afrikaanse aktrise, gebore op Vredendal. Sy het matrikuleer aan die Hoërskool Vredendal en na skool het sy haar graad in BA Tale en het ook haar diploma in Spraak en Drama aan die Universiteit van Kaapstad gedoen, waar sy ook genomineer was vir ʼn Fleur de Cap-toekenning vir die Mees Belowende Student-kategorie. Sy is getroud met George Ware, ʼn Zimbabwiese sakeman, die paartjie woon in die Wes-Kaap.
Loopbaan
Met ʼn tweejaar-kontrak by die destydse PACT by die Windybrow-teater in Hillbrow, Johannesburg, was sy onder meer in produksies soos: The Women of Troy, Die Hekse van Salem, Boo to the Moon en Sing jy van Bomme.
Sedert 1989 het sy vryskutwerk gedoen en het haar debuut op televisie gemaak in die televisiereeks, Uitdraai, deur Annie Basson. Daarna het reekse soos Sonkring 1 en 2, Torings, Konings, Onder Draai die Duiwel Rond, Soul City, Amalia, Feast of the Uninvited, Binnelanders, 7de Laan en Tydelik Terminaal gevolg.
Een van haar hoogtepunte onder rolprente is ook haar debuut-rolprent, Die Storie van Klara Viljee, met Katinka Heyns as regisseur. Daarna het sy ook in ʼn hele paar rolprente verskyn, onder andere The Long Run, Red Dust, Hanna Hoekom, Stuur Groete aan Mannetjies Roux, Dis Koue Kos Skat, Kanarie en Poppie Nongena.
Teaterproduksies
- Fotostaatmasjien (2018)
- The Mother
- Cinderella
- God van Chaos
- Jericho
- Die Twaalfuurwals
- Kamer van Spieëls
- Imbumba Samesyn
- Begeerte
- Twaalfde Nag
- Die Buffel
- Uncle Vanya
- Pendoring
- Steeks
- Wyn
- Generaal Mannetjies Mentz
- King Lear
- Die Laaste Strooi
- Uit die Bloute
- Die Vleiroos
- Moby Dick
- Die Mirakel
- The Seagull
- Die Hekse van Salem
- Sing jy van Bomme
- Keep Moving Ma Jack
- Four Play
- Boo to the Moon
- Women of Troy
Toekennings
- Silwerskerm-nominasie: Beste Ondersteunende Aktrise (Poppie Nongena)
- SAFTA-toekenning: Kanarie
- Artes-toekenning: Beste Aktrise in Sonkring 2
- FNB-Streekstoekenning: Uit die Bloute
- FNB-Streekstoekenning: Die Laaste Strooi
- Rapport Prestige Vroue-toekenning
- Vita-toekenning: Beste Ondersteunende Aktrise vir Die Hekse van Salem
- Avanti-toekenning: Soul City
- SAFTA-toekenning: 7de Laan
- Silwerskerm-toekenning: Stuur Groete aan Mannetjies Roux
- Fleur de Cap-toekennig: Beste Ondersteunende Aktrise vir Swerfgoed
- SAFTA Golden Horn-toekenning: Beste Ondersteunende Aktrise in 7de Laan
Bronne
- http://thespians.co.za/anna-mart-van-der-merwe-ct/
- https://www.imdb.com/name/nm0886347/
- https://www.vrouekeur.co.za/bekendes/12-vrae-aan-die-aktrise-anna-mart-van-der-merwe
- https://www.pressreader.com/south-africa/die-burger/20180313/281487866868248
- https://www.artlink.co.za/news_article.htm?contentID=41341