peoplepill id: anna-bender-brink
AB
South Africa
1 views today
14 views this week
Anna Bender-Brink
South African pianist and author

Anna Bender-Brink

The basics

Quick Facts

The details (from wikipedia)

Biography

Anna Bender (1919-2004) was 'n Suid-Afrikaanse pianis en outeur.

Sy is op Piet Retief gebore. Haar moeder was haar eerste leermeester, maar later het sy oorsee in Londen onderrig ontvang van I.J. Haarhoff, Isador Epstein en Louis Kentner.

In 1950 is sy as amptelike begeleidster by die destydse SAUK aangestel, en in die 20 jaar wat sy dié pos beklee het, het sy talle bekende internasionale kunstenaars begelei, onder andere Marcel Wittrisch. As solis het sy byvoorbeeld onder vooraanstaande gasdirigente soos Strawinski opgetree.

In 1975 is sy aangestel in die personeel van die Pretoriase Technikon nadat sy 'n tyd lank redaktrise van die musiektydskrif Opus was. Uit haar pen het 'n twintigtal radiopraatjies oor musiek verskyn. Sy het ook 'n boek, Vir die musiekleier, gepubliseer, en jare lank die lewe van die komponis Mornay du Plessis nagevors.

Sy was ook ʼn kampvegter vir die Afrikaanse lied en lewer 'n groot bydrae tot die optekening en bewaring van die Afrikaanse liedereskat.

Eksterne verwysing

Bronnelys

  • Wêreldspektrum, Vol. 3, 10-11, ISBN 0 908409 44 3
The contents of this page are sourced from Wikipedia article. The contents are available under the CC BY-SA 4.0 license.
Lists
Anna Bender-Brink is in following lists
comments so far.
Comments
From our partners
Sponsored
Credits
References and sources
Anna Bender-Brink
arrow-left arrow-right instagram whatsapp myspace quora soundcloud spotify tumblr vk website youtube pandora tunein iheart itunes