peoplepill id: ann-nosworthy
AN
1 views today
1 views this week
The basics

Quick Facts

Work field
Gender
Female
The details (from wikipedia)

Biography

Ann Nosworthy (gebore Anna Margareta Uys) is 'n Suid-Afrikaanse Impressionistiese skilder wat in Constantia, Kaapstad, woon. Sy is twee keer deur die Suid-Afrikaanse Kunstenaarsvereniging as olieverfskilder van die jaar genomineer.

In 1936 was sy die sewende inskrywing op die dag dat die Laerskool Groote Schuur in Rondebosch, Kaapstad, gestig is, nadat haar moeder, wat 'n lidmaat van die NG gemeente Rondebosch was, te hore gekom het van die stigting van 'n Afrikaansmediumskooltjie in die onafrikaanse suidelike voorstede. Ná sy haar laerskoolopleiding eers in die NG kerksaal en daarna in die skool se tweede tuiste, die herehuis Forest Lodge, ontvang het, was sy 'n jaar lank 'n leerling aan die Hoërskool Jan van Riebeeck tot sy na die Hoër Meisieskool La Rochelle op Stellenbosch gegaan het.

Sy het drie jaar lank studeer aan die Michaelis-kunsskool in Kaapstad, maar het lank nie geskilder nie om 'n gesin groot te maak. Haar eerste solo-uitstalling was byna uitverkoop en dié wat daarop gevolg het, almal so te sê ook. Skilder was egter altyd in haar bloed en in haar vroeë vyftigerjare het sy opnuut met mening begin skilder. Dertig jaar later dra Nosworthy steeds haar ryke ervaring en innerlike vrede oor op doek. Sy skilder met olieverf en haar werk word dikwels met die Impressioniste vergelyk. Dit word beskryf as sagkens en mooi. Haar onderwerpe is wyd uiteenlopend en sy is vandag nog bereid om altyd nuwe onderwerpe op die proef te stel.

Nosworthy het kursusse in die Verenigde Koninkryk sowel as in Provence en Spanje btgewoon. Talle skilderye beeld Griekse tonele uit, aangesien Griekeland haar gunstelingplek op aarde is en haar oneindig begeester. Italië, waar sy al meermale gebly het, is ook 'n inspirasie, sowel as plattelandse tonele en die see.

Eerbewyse

Nosworthy is twee maal benoem as die Beste Olieskilder van die Jaar deur die Suid-Afrikaanse Kunstenaarsvereniging. Sy verkoop steeds werke binnelands sowel as in die buiteland en het al op die TV-joernaalprogram Top Billing verskyn tydens 'n tuinteenstelling in Johannesburg.

Buiten haar huis in Constantia, het sy ook jare lank al 'n vakansiehuis op Blouwaterbaai, Saldanha, waar sy baie van haar skilderwerk doen.

Eksterne skakels

The contents of this page are sourced from Wikipedia article. The contents are available under the CC BY-SA 4.0 license.
Lists
Ann Nosworthy is in following lists

By work and/or country

comments so far.
Comments
From our partners
Sponsored
Credits
References and sources
Ann Nosworthy
arrow-left arrow-right instagram whatsapp myspace quora soundcloud spotify tumblr vk website youtube pandora tunein iheart itunes