peoplepill id: adriaan-van-jaarsveld
AVJ
1 views today
1 views this week
Adriaan van Jaarsveld

Adriaan van Jaarsveld

The basics

Quick Facts

Gender
Male
Birth
Death
Age
58 years
The details (from wikipedia)

Biography

Adriaan van Jaarsveld (De Krommerivier, distrik Piketberg, 16 Mei 1745 - Kasteel die Goeie Hoop, Kaapstad, 29 Junie 1801) was 'n Boerekommandant van die Eerste Grensoorlog.

Hy is op 20 Junie 1745 gedoop in Drakenstein. In 1770 lei hy as vegskorporaal in die Nuweveld 'n geslaagde patrollie teen die San wat naby die huidige Beaufort-Wes beeste van ene Casper Scholtz gesteel het. Ses jaar later verhuis hy van die Sneeuberge na Bruintjieshoogte. In 1780, midde-in die Eerste Grensoorlog, stel die Kaapse regering hom aan as kommandant van die Oosgrens met militêre gesag oor al die grensboere. Hy bring die volgende jaar deur besliste optrede 'n einde aan die oorlog deur die Xhosas oor die Groot-Visrivier te verdryf. In 1795 heers groot ontevredenheid aan die Oosgrens weens landdros Honoratus Maynier se halfhartige optrede teen die Xhosas. Van Jaarsveld verskyn met 'n gewapende mag voor die drosdy op Graaff-Reinet en versoek Maynier om die distrik te verlaat. Die sogenaamde Republiek van Graaff-Reinet kom tot stand met Gerotz as landdros en Van Jaarsveld as president van die krygsraad. In 1796 is Van Jaarsveld een van die Boereleiers wat weier om Bresler, die nuwe landdros deur die Britse regering aangestel, te ontvang, maar hulle onderwerp hulle uiteindelik aan Britse gesag.

In 1799 word hy op Graaff-Reinet weens beweerde vervalsing van 'n skuldbewys in hegtenis geneem. Hy word egter deur Marthinus Prinsloo en 'n kommando bevry, wat lei tot die sogenaamde Van Jaarsveld-rebellie. Dit loop uit op sy en sestien ander se inhegtenisneming. Hulle word per skip na Kaapstad gebring en in die Kasteel toegesluit. Die Hooggeregshof veroordeel hom en Prinsloo in 1800 ter dood, maar waarnemende goewerneur sir George Yonge en Francis Dundas, bevelvoerder van die Britse troepe aan die Oosgrens, vertraag die teregstelling. Van Jaarsveld sterf op 29 Junie 1801 in aanhouding.

Bronne

  • Albertyn, dr. C.F. (red.). 1972. Afrikaanse Kinderensiklopedie. Kaapstad: Nasionale Boekhandel Beperk.
  • Beeld argief, 16 Mei 2003. URL besoek 2 Junie 2016.
The contents of this page are sourced from Wikipedia article. The contents are available under the CC BY-SA 4.0 license.
Lists
Adriaan van Jaarsveld is in following lists
comments so far.
Comments
From our partners
Sponsored
Credits
References and sources
Adriaan van Jaarsveld
arrow-left arrow-right instagram whatsapp myspace quora soundcloud spotify tumblr vk website youtube pandora tunein iheart itunes