Wouter Wessels

South African politician
The basics

Quick Facts

IntroSouth African politician
A.K.A.Wouter Wynand Wessels
A.K.A.Wouter Wynand Wessels
PlacesSouth Africa
isPolitician
Work fieldPolitics
Gender
Male
Politics:Freedom Front Plus
The details

Biography

Wouter Wynand Wessels is 'n Suid-Afrikaanse politikus van die Vryheidsfront Plus en lid van die parlement van Suid-Afrika. Wessels het die voormalige leier van die Vryheidsfront Plus, dr. Pieter Mulder, se setel in die parlement oorgeneem na Mulder se uittrede. Wessels was tussen 2009 en 2014 werksaam as Mulder se persoonlike sekretaris. Wessels is getroud met Tammy Wessels, wat 'n lid van die provinsiale wetgewer van die Vrystaat is, waar sy die Vryheidsfront Plus verteenwoordig.

Vroeë lewe

Wessels word groot in Oos-Londen in die Oos-Kaap, Suid-Afrika en matrikuleer aan die Hoërskool Grens. Hy studeer aan die Universiteit van die Vrystaat, waar hy sy politieke loopbaan begin deur as kampusleier van die Vryheidsfront Plus te dien.

Loopbaan

Wessels sluit na sy universiteitstudie by die Vryheidsfront Plus as werknemer aan. Hy dien tussen 2009 en 2014 as privaatsekretaris vir partyleier Pieter Mulder, toe Mulder adjunkminister in die kabinet van Jacob Zuma was.

Politieke posisies

Wessels is ten gunste van moedertaalonderrig en is gekant teen regstellende aksie.

Verwysings

  1. "Wouter Wessels wil met integriteit ʼn verskil maak". Maroela Media. 27 Februarie 2018. Besoek op 29 Augustus 2018.
  2. "Wouter Wessels MP and his spouse robbed at their home". politicsweb. Besoek op 29 Augustus 2018.

Eksterne skakels

The contents of this page are sourced from Wikipedia article on 24 Dec 2019. The contents are available under the CC BY-SA 4.0 license.