Wessel Jacobus Wessels

General during the 2nd Boer War
The basics

Quick Facts

IntroGeneral during the 2nd Boer War
PlacesSouth Africa
wasMilitary personnel
Work fieldMilitary
Gender
Male
Birth27 April 1865, Harrismith, South Africa
Death19 January 1945Reitz, South Africa (aged 79 years)
Star signTaurus
The details

Biography

Wessel Jacobus Wessels (27 April 1865 - 19 Januarie 1945) was 'n Boeregeneraal tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Hy is in Harrismith gebore en sy ouers was Hermanus Nicolaas Wessels en Johanna Wilhelmina Wessels. Hy het met Susanna Magdalena Wessels getrou en hulle het sewe kinders gehad.

Nadat die oorlog uitgebreek het, was Wessels na die Natal-front gestuur as deel van die Harrismith kommando. Hy het later onder Kommandant Marthinus Prinsloo geveg in die Oranje-Vrystaat. Toe Prinsloo oorgegee het in die Brandwater area in Julie 1900 het Wessels daarin geslaag om te ontsnap.

Hy was hierna bevorder tot die hoof van die Harrismith kommando. In Februarie 1901 was hy saam met generaal De Wet se inval in die Kaapkolonie. 'n Maand later word hy aangestel as een van sewe assistent-kommandante in die Oranje-Vrystaat, hy was in beheer van die Vrede distrik. Gedurende die laaste jaar van die oorlog was hy betrokke in verskeie skermutselings met die Britse Magte en ook die groot Britse skoonmaak operasie van Februarie 1902 ontwyk. Dit blyk dat Guerilla-oorlogvoering hom soos 'n handskoen gepas het en hy word een van generaal De Wet se staatmakers.

Hy was een van die sestig verteenwoordigers tydens die Verdrag van Vereeniging en het ten gunste van vrede gestem.

Hy is op 19 Januarie 1945 in Reitz oorlede.

Bronne

The contents of this page are sourced from Wikipedia article on 02 Mar 2020. The contents are available under the CC BY-SA 4.0 license.