Biography
Lists
Also Viewed
Quick Facts
Intro | schrijver |
is | Writer |
Work field | Literature |
Biography
Maria Magdalena Bekker is 'n Suid-Afrikaanse skrywer. Sy in 1938 gebore. Haar dogter Mari van den Berg word later ook 'n bekende skryfster.
Skryfwerk
Sy skryf ontspanningsverhale. “Wag op die stilte” (1967) ondersoek die onvervulde drange in die mens se lewe, wat selfs aanleiding daartoe gee dat 'n ryk meisie haar aan diefstal skuldig maak. “Deur donker nagte” (1970) se hoofkarakter is Thomas Brusset. Hy is ongelukkig getroud met die bitsige Sara en ontmoet dan vir Tina. So beland hy in die maalstroom van 'n ongelukkige huwelik en 'n buite-egtelike verhouding, wat kort voor lank dreig om sy lewe uitmekaar te skeur. Cobus du Plessis is in “Seun van gister” (1990) onder die indruk dat sy pa en sussie in 'n seiljagongeluk dood is. Hy word by sy tant Wilna op die plaas Eersterust groot. Net voordat hy as veearts gaan praktiseer, kom hy op die plaas op dokumente af wat bewys dat sy pa nog lewe. Hy vertrek dan na Matimahala, 'n wildsplaas in die Laeveld, wat sy pa Robert saam met 'n vennoot besit. Sy pa stel hom aan as toergids en hy leer sy pa se vennoot en sy pa se tweede vrou ken. In 1993 wen sy die Ela Spence-medalje vir beste oorspronklike liefdesverhaal wat by die uitgewer J.P. van der Walt verskyn het met “Donkermaan, nuwemaan” (1993). “Kreupelbaai se kinders” (1994) handel oor die mense van hierdie klein kusdorpie. Die vissersbedryf wat die dorpie gevoed het is nou geskiedenis en die mense kry swaar. Beyers Niemand beland op die dorpie en gaan in die Herberg, die plaaslike hotel, tuis. Sy koms maak weer ou wonde oop vir die bejaarde en verbitterde Dorothea Hansen. Boonop is haar kleindogter Milla veels te ingenome met hierdie nuwe aankomeling op die dorp.
Publikasies [3]
1961
- Moord in Buxtonstraat
- Onheil oor Sonlig
1962
- Driehoek van die dood
1964
- Die nag is lank
1966
- Noem my Mara
- Waarom vlug jy?
1967
- Agter die newels
- Die gebarste spieël
- Langs die kortpad
- Sluier oor haar verlede
- Wag op die stilte
1968
- Die laaste strale
1969
- Agter die skerms
- Tot ons weer ontmoet
1970
- Deur donker nagte
1971
- Op brose skouers
1972
- Agter die skerms
- Die toe deur
1973
- Vroue in die skemer
- Wie was Jacques de la Rey?
1974
- Gee my jou hand
1976
- Waar jy liefde vind
1981
- 'n Bietjie herfsgeluk
1983
- Skadu oor ons paradys (saam met Henriëtte Fouché en Karen Linde)
1990
- Seun van gister
1991
- Sterrepad na die hart
1992
- Nagte wat fluister
1993
- Donkermaan, nuwemaan
1994
- Kreupelbaai se kinders
1995
- Die nag is lank
- Wie is my naaste?
Verwysings
- ↑ Anoniem “Skryfster wen weer dié medalje” “Beeld” 29 April 1999
- ↑ Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Bekker,_Maria_Magdalena
- ↑ Worldcat: http://www.worldcat.org/identities/lccn-no2002082557/