Julian Motau

South African artist
The basics

Quick Facts

IntroSouth African artist
PlacesSouth Africa
wasArtist
Work fieldArts
Birth1948, Tzaneen, South Africa
Death1968 (aged 20 years)
The details

Biography

Julian Motau (1948–1968) is in Tzaneen gebore, waar hy ook skoolgegaan het. Nadat hy 'n tyd lank by die kunstenares Judith Mason gewerk het, het hy in 1967 sy eerste eenmanuitstalling in Johannesburg gehou. Binne 'n jaar het hy so opgang gemaak dat van sy skilderye in die VSA, Israel, Frankryk, Italië, Engeland en Noorweë verkoop is.

'n Uitstalling van sy werk wat eers in Pretoria en daarna in Israel en Oxford (Engeland) aangebied sou word, is op 26 Februarie 1968 as 'n gedenktentoonstelling aangebied nadat hy nege dae tevore in 'n skietvoorval in Alexandra gesterf het.

Motau se werk het meestal oor die sogenaamde townshiplewe gehandel, wat hy op 'n sensitiewe manier weergegee het. Hy het van verskillende tekenmateriale, soos houtskool, kryt en ink gebruik gemaak. Sy werke toon 'n besondere insig in die emosies en gevoel van die figure wat hy uitgebeeld het.

Verwysings

Bronnelys

  • Wêreldspektrum, Vol. 19, 180, ISBN 0-908409-60-5

Eksterne skakels

The contents of this page are sourced from Wikipedia article on 03 Mar 2020. The contents are available under the CC BY-SA 4.0 license.