Biography
Gallery (2)
Filmography (21)
Lists
Also Viewed
Quick Facts
Intro | South African actress | |
Places | South Africa | |
was | Actor | |
Work field | Film, TV, Stage & Radio | |
Gender |
| |
Birth | 1932, Paarl, Drakenstein Local Municipality, Cape Winelands District Municipality, South Africa | |
Death | 26 June 2014 (aged 82 years) |
Biography
Joey de Koker (1932–2014) was 'n aktrise en drama-regisseur. Sy is bekend vir haar betrokkenheid met radiowerk, verhoogproduksies en vir rolle in films soos Die wit sluier (1973), Back to Freedom (1988), Wie Laaste Lag... (1986) en Nag van die 19de (1991).
Biografie
Sy het aan La Rochelle in die Paarl gematrikuleer, aan die Universiteit van Stellenbosch 'n graad in Maatskaplike werk verwerf en toe aan Trinity College in Engeland 'n lisensiaat in vertolking gedoen. Babs Laker en Rosalie van der Gucht [1] het saam met haar in Engeland gestudeer. Haar werk sluit in oorklankingswerk vir televisie, opleiding van akteurs, regisseurs en klank-tegnici vir die SAUK, dramawerk vir die Nasionale Toneelorganisasie (NTO) sowel as KRUIK.
De Koker was bekend en geliefd in die Paarl deur haar betrokkenheid met die Paarl Teaterklub wat in die Skuurteater en later in die Ou Meulteater opvoerings gedoen het, soos Kwart voor Dagbreek (1996).
Verwysings
- ↑ https://www.imdb.com/name/nm0209128/bio?ref_=nm_ov_bio_sm
- ↑ https://www.netwerk24.com/sarie/bekendes/het-jy-gehoor/hartseer-nuus-afrikaanse-aktrise-joey-de-koker-oorlede-20170914
- ↑ https://esat.sun.ac.za/index.php/Joey_de_Koker
- ↑ https://esat.sun.ac.za/index.php/National_Theatre_Organisation
- ↑ https://esat.sun.ac.za/index.php/Paarl_Theatre_Club
- ↑ Joey de Koker 1932-2014: Die Burger, 3 Julie 2014: p. 16