Ilse de Korte

South African writer
The basics

Quick Facts

IntroSouth African writer
PlacesSouth Africa
isWriter
Work fieldLiterature
Birth1994
Age31 years
The details

Biography

Ilse de Korte is ’n Afrikaanse skrywer.

Lewe en werk

Ilse Carla de Korte (gebore Groenewald) matrikuleer in 1994 aan die Pinelands High School. Sy studeer vanaf 1995 verder aan die Universiteit van Kaapstad in drama en tale, waar sy in 2005 ’n Ph.D.-graad oor mite en ideologie verwerf. Vir hierdie graad doen sy ook navorsing in Nederland. Vanaf Januarie 2007 tot Desember 2010 is sy ’n dosent aan die Universiteit van Suid-Afrika. Sy stig Bon Mot taaldienste in 2010, waar sy redigeer- en skryfwerk doen vir kliënte en korporatiewe kommunikasie-klasse aanbied. in Februarie 2012 word sy aangestel as ontwikkelingsredakteur by Oxford University Press. Sy gee ook klas aan die Adam Miskiewicz Universiteit in Pole en die AFDA filmskool. By die Universiteit van Kaapstad is sy vanaf Februarie 2014 betrokke as konsultant by die Skryfsentrum.

Skryfwerk

Sy debuteer met die chick lit-roman “Die jaar toe Emma begin kook het”. Ná ’n fiasko met hoenderpasteie by ’n troue word Emma in Hermanus as die hoofsjef van die restaurant Chantilly aangestel. Hier moet sy saam met ’n diverse spannetjie verskeie krisisse die hoof bied, van ’n rioolstelsel wat oorloop tot rotte in die meel, om nie van die moeilike kliënte te praat nie. Die restauranteienaar is Greg, wat van Frankryk opdaag en vir Emma selfs meer gas gee. Sy verwerk die Kama Sutra in Afrikaans as “Afrikamasutra”. Vir hierdie werk ontvang sy die Hidding-Currie Toekenning vir akademiese uitnemendheid.

Publikasies

JaarPublikasies
2015Die jaar toe Emma begin kook het
Vertaling
2013Afrikamasutra

Bronnelys

Internet

Resensies

  1. Roux, J.B. “Rapport” 1 November 2015

2. Mila de Villiers, Resensie: Die jaar toe Emma begin kook het, Litnet, 10 Julie 2015.

The contents of this page are sourced from Wikipedia article on 08 Sep 2019. The contents are available under the CC BY-SA 4.0 license.