Henry Burnett

Architect
The basics

Quick Facts

IntroArchitect
isArchitect
Work fieldEngineering
The details

Biography

Fraserburg se kerkraad het in 1855 'n kontrak met Burnett opgetrek vir die bou van 'n pastorie teen £1 100. Ds. Carl Arnoldus Bamberger was bes moontlik nou by die ontwerp daarvan betrokke. Dit dien al baie jare as die dorpsmuseum.
Burnett het hom op Fraserburg gevestig nadat die bouwerk aan die pastorie klaar was en dié huis vir hom gebou. Dit is in 1857 voltooi en was vroeër aan die huidige Voortrekkerstraat geleë, maar vandat 'n deel van die erf weggesny en die biblioteek daarop gebou is, is dit geleë by Meyburghstraat 10.

Henry John Richard Burnett (Portsmouth, Engeland, 24 Maart 1832 – 26 Oktober 1913, Houdmoed, distrik Vanrhynsdorp, Kaapland, Suid-Afrika) was ’n Suid-Afrikaanse boumeester en moontlik argitek van Britse herkoms.

Feitlik niks is vandag meer oor Burnett se lewe of werk bekend nie, behalwe dat hy die eerste pastorie van die NG gemeente Fraserburg omstreeks 1855 gebou en hom toe op Fraserburg gevestig het. Hy was ’n seun van John en Eliza Anne Burnett, en is op 29 Augustus 1853 op Tulbagh getroud met Rosina Gertruida (of Geertruide) Petronella van Baalen (gebore Tulbagh, 12 Januarie 1828; oorlede Vanrhynsdorp, 15 Maart 1904).

Dis nie bekend wanneer hy die dorp verlaat het nie, maar die huis wat hy in 1857 vir sy gesin aan die huidige Voortrekkerstraat opgerig (en sekerlik ook ontwerp) het, is in 1926 aan die De Klerk-gesin verkoop. Hul een dogter, Elizabeth (Bessie) Viviers, en haar twee seuns, Chris en Fanie, het die huis ná haar man se dood bewoon. Sy het dit in 2014 aan sy derde of vierde eienaar verkoop.

Minstens sewe kinders is uit Burnett se huwelik gebore, moontlik almal op Fraserburg, hoewel net die tweede en derde se geboorteplek as sodanig aangedui word:

  • Rosina Christina Johanna (onbekend)
  • Eliza Ann (2 Julie 1855–onbekend)
  • Jacobus Michiel (10 Januarie 1857–1933)
  • John Petrus (5 Januarie 1859–onbekend)
  • Anna Johanna (17 April 1862–onbekend)
  • Mary (11 Desember 1863–onbekend)
  • Henry John Richard (29 September 1865–onbekend)

Bronne

  • (af) Scholtz, dr. Adelbert in Restorica, Stigting Simon van der Stel, 1979:1.
  • (af) Kotzé, D.A. 1951. Die Gemeente Fraserburg. 'n Eeufees-gedenkboek (1851–1951). Fraserburg: NG Kerkraad.
  • (af) Olivier, ds. P.L.. 1952. Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers.
  • (en) Burnett se rekord op Ancestry.com. URL besoek op 8 Junie 2016.

Verwysings

  1. (en) Besonderhede van Burnett op RootsWeb.com. URL besoek op 8 Junie 2016.
  2. (en) Besonderhede op Geni.com. URL besoek op 8 Junie 2016.
The contents of this page are sourced from Wikipedia article on 26 Dec 2019. The contents are available under the CC BY-SA 4.0 license.