De Wet Hugo

Schrijver
The basics

Quick Facts

IntroSchrijver
isWriter
Work fieldLiterature
Birth1982
Age42 years
The details

Biography


De Wet Hugo (gebore 26 November 1982) is 'n Suid-Afrikaanse skrywer van jeuglektuur.

Biografie

De Wet Hugo is op 26 November 1982 op Worcester in die Boland gebore. Hy het drie ouer susters en hulle word groot op die plaas Spes Bona, tussen Worcester en Villiersdorp. Nadat hy sy laerskoolloopbaan op Worcester voltooi, matrikuleer hy in die Paarl. Hierna verwerf hy 'n Onderwysgraad aan die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie op Wellington en 'n nagraadse kwalifikasie aan die Universiteit Stellenbosch.

In 2006 begin hy sy onderwysloopbaan by Laerskool Ysterplaat in Kaapstad en van 2007 tot 2009 hou hy skool by Laerskool De Hoop op Somerset-Wes. Gedurende hierdie tydperk ontdek hy sy liefde vir skryf en hy woon Marianna Brandt se kinderboekskryfkursus by. Kort hierna word hy geskies om 'n paar episodes vir die kinderprogram, Cool Catz op E-TV te skryf.

In 2010 besluit hy om as onderwyser in die buiteland te gaan werk en gedurende dieselfde jaar vertrek hy na Djedda in Saoedi-Arabië waar hy tans nog steeds by 'n Britse Internasionale Skool werk.

Skryfwerk

Boeke
JaarPublikasieReeksUitgewer
2018Die vloek van VreesbaaiGrilgrypersHuman & Rousseau
2018Web van die mummieGrilgrypersHuman & Rousseau
2018Kamp vir monstersGrilgrypersHuman & Rousseau
Bundels
JaarPublikasieSamesteller/sUitgewer
2015Skrik op die lyfGerda Taljaard en Deborah SteinmairTafelberg
2015Rympies vir pikkies en peutersRiana Scheepers, Suzette Kotzé-Myburgh en Gertie SmitTafelberg
2017Skool is 'n rillerMarianna BrandtHuman & Rousseau
2017Liedjies vir pikkies en peutersGertie SmitTafelberg
2017Rympies vir kleintjies en kleutersRiana Scheepers, Suzette Kotzé-Myburgh en Gertie SmitTafelberg

Verwysings

  1. "De Wet Hugo vertel oor sy skryfwerk". Netwerk24. Besoek op 14 April 2018.
  2. Dié skrywer weet hoe om jong lesers te laat ril. Maroela Media (25 Julie 2019). URL besoek op 27 Julie 2019.

Eksterne skakels

The contents of this page are sourced from Wikipedia article on 26 Dec 2019. The contents are available under the CC BY-SA 4.0 license.