Cecily Sash

South African artist
The basics

Quick Facts

IntroSouth African artist
PlacesSouth Africa
isArtist
Work fieldArts
Gender
Female
Birth1925
Age100 years
The details

Biography

Cecily Sash is in 1925 op Delmas gebore. Na sy haar skoolloopbaan aan die Johannesburg Girls' High School voltooi het, het sy aan die kunsskool van die Witwatersrandse Tegniese Kollege onder Maurice van Essche gestudeer.

Daarna het sy ontwerpkuns aan die Chelsea Polytechnic, die Camberwell School of Art en die Central School of Art in Londen bestudeer. Na haar terugkeer het sy 'n BA-graad in die skone kunste behaal en in 1955 het sy lektrise in komposisie en ontwerp aan die Universiteit van die Witwatersrand geword. In 1965 het sy 'n Oppenheimerskenking ontvang om kunsonderrig in Brittanje en die VSA te ondersoek. In die VSA het veral die opkuns haar grootliks beïnvloed.

Haar werk was formele en intellektuele komposisies waarin ontwerp en orde die belangrikste elemente was. Kenmerkend vir haar werk was ’n lineêre ritme en kontrasterende kleurgebruik, veral swart en wit. Cecily Sash het talle openbare opdragte uitgevoer, waaronder panele vir die Johannesburgse Cinerama, die Yskor-gebou op Vanderbijlpark, die Transvaalse Provinsiale Administrasiegebou in Pretoria en die internasionale aankomssaal van die destydse Jan Smuts lughawe (nou O.R. Thambo Internasionale lughawe).

Sy het sedert 1974 in Engeland gewoon, waar sy in afsondering oor haar kunstenaarskap wou gaan besin en wat 'n vernuwing in haar werk teweeggebring het. Sy het ook periodiek in Suid-Afrika uitgestal. Sash het in 1982 'n uitstalling van sketse met voëls as tema in Suid-Afrika aangebied.

Sy het die tema reeds sedert die sestigerjare gebruik. Cecily Sash het Suid-Afrika in 1961 op die grafiese uitstallings van München en São Paulo en in 1960 in Gent verteenwoordig. Sy het ook aan die Van Riebeeck-tentoonstelling (1952) en die Quadrennales van 1956 en 1960 deelgeneem. Cecily Sash is in 2019 oorlede.

Verwysings

  1. (en) "Cecily Sash obituary". The Guardian. 4 September 2019. Besoek op 5 September 2019.

Bronnelys

  • Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0-908409-65-6, volume 24, bl. 220
The contents of this page are sourced from Wikipedia article on 03 Mar 2020. The contents are available under the CC BY-SA 4.0 license.