Adelheid Armhold

South African opera singer
The basics

Quick Facts

IntroSouth African opera singer
PlacesSouth Africa
isSinger
Work fieldMusic
Gender
Female
Birth4 March 1900, Kiel, Germany
Star signPisces
Family
Spouse:Pranas Domšaitis
The details

Biography

Adelheid Armhold (gebore 4 Maart 1900 in Kiel) was 'n sopraan. Sy is van 'n Hollandse vader en Friese moeder gebore. Sy was deeglik onderlê in die sangtradisies van die Duitse, Franse en Italiaanse skole. Hoewel sy in Lieder gespesialiseer het, het sy ook groot welslae in operas behaal as Pamina (Die towerfluit) en Agathe (Der Freischütz) en andere.

Haar stem het geleidelik dieper geword en dit was as mezzo-sopraan dat sy aan die einde van 1939 'n aanstelling as senior lektrise in sang aan die Musiekkollege in Kaapstad aanvaar het. Hier het sy bekendheid verwerf as sangeres en as leermeesteres van bekende Suid-Afrikaanse sangers soos Noreen Berry, Nellie du Toit, Zander Haagen, George van der Spuy, Désirée Talbot, Gé Korsten en andere. Aan die einde van 1965 het sy afgetree. Sedert die begin van 1977 is sy as sangonderwyseres werksaam aan 'n musiekskool in Honolulu.

Sy was getroud met die bekende kunstenaar, professor Pranas Domšaitis.

Bronnelys

  • Wêreldspektrum, Volume 2, bl.66, ISBN 0908409419

Verwysings

  1. Kutsch, Karl-Josef; Riemens, Leo (22 February 2012). "Großes Sängerlexikon". Walter de Gruyter – via Google Books.
  2. Mossolow, Alexandra Xenia Sabina (2003). The Career Of South African Soprano Nellie Du Toit, Born 1929.
  3. "Petronella Nellie du Toit South African soprano singer is born - South African History Online". www.sahistory.org.za.
  4. "PressReader.com - Your favorite newspapers and magazines". www.pressreader.com.
  5. digitalcollections.lib.uct.ac.za Pranas Domšaitis and his wife, Adelheid Armhold, Cape Town
The contents of this page are sourced from Wikipedia article on 03 Mar 2020. The contents are available under the CC BY-SA 4.0 license.